Gerhard Korsten (Schiedam, 6 Desember 1927 - Wildernis, 29 September 1999) was 'n legendariese Suid-Afrikaanse sanger wat 'n groot stempel op die Afrikaanse kultuur afgedruk het. Vandag nog word sy lied Liefling by rugbywedstryde in Bloemfontein en Pretoria gespeel.
Biografie duimnael|regs|300px|Gé Kortsen trou met Elna Burger, dogter van die leraar van NG gemeente Johannesburg-Noord, ds. Attie Burger. duimnael|regs|300px|Gé Kortsen as Canio, sy debuutrol, in die Pretoriase Operagroep se opvoering van "I Pagliacci" in 1957. duimnael|regs|270px|Gé Korsten as Canio in "I Pagliacci" in 1957, sy debuutrol.
Korsten is op 6 Desember 1927 in Schiedam, Nederland gebore. Hy was die jongste van agt kinders en het in 1936 as negejarige seun saam met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer. Die immigrantegesin het hulle in Johannesburg-Noord gevestig waar Gé gematrikuleer het aan die latere Highlands North Boys' High School, wat destyds gemeng was. Hy het sy loopbaan as operasanger begin en was reeds op 20-jarige ouderdom lid van die SAUK se kore. Hy het in 1952 stemopleiding ontvang aan die South African College of Music in Kaapstad onder leiding van Adelheid Armhold.
Op 5 Januarie 1952 trou hy in die NG kerk Johannesburg-Noord met Elna Burger, dogter van ds. Attie Burger, wat ook die huweliksbevestiging waarneem. Gé se pa, Kor Korsten, was die bouaannemer van die kerkgebou by Oaklandslaan 17, Norwood, waarvan Elna se pa die hoeksteen op 17 Junie 1950 gelê het en wat op 18 Februarie 1951 ingewy is. Sy is op Maandag 26 Maart 2012 in George oorlede in die ouderdom van 81 jaar.Nuus24.comBeeld.com
In 1955 het hy na Pretoria verhuis waar hy verdere opleiding onder leiding van Albrecht Lewald ontvang het. Hy was in dieselfde jaar ook een van die stigterslede van die Pretoria-operagroep. Sy operadebuut maak hy in 1956 as Canio in Pagliacci. In 1962 word 'n oorsese studiebeurs aan hom toegeken waarna hy in 1963 in Europa onder Judith Hellwig verdere opleiding ontvang en ook die geleentheid kry om in operas in Europese stede soos Wene en München op te tree. Hy het vir 'n tyd lank ook in Pretoria 'n elektriese kontrakonderneming besit, maar het sy belang in die onderneming in 1970 verkoop om sy tyd voltyds aan musiek te wy. In 1976 het hy die Nederburgprys vir Opera ontvang vir sy hoofrol in Andrea Chénier.
Korsten het in 1965 sy betrokkenheid by ligte musiek begin toe hy sy eerste langspeelplaat Gé Korsten Sing uit die Hart uitgereik het. In 1966 het hy nog vier langspeelplate uitgereik. Sy rolprentdebuut maak hy in 1967 in Kruger Miljoene. Later daardie jaar vertolk hy ook die hoofrol in die baie gewilde fliek Hoor My Lied, ook met Min Shaw, Helga van Wyk en Lindie Roux. Die klankbaan vir hierdie fliek het aan Korsten 'n goue plaat besorg. Drie ander rolprente het gevolg:
Lied in My Hart met Mitsi Stander, Min Shaw en Nellie du Toit as gassterre (1969) A New Life saam met Leonore Veenemans (1970) Lokval in Venesië met Dianne Ridler (1972)
Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 'n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee. Hy het vermoedelik kanker gehad en het in 1999 sy eie lewe geneem. Die Korsten-egpaar het vyf kinders gehad, onder wie die dirigent Gérard Korsten. Ten tyde van Elna se dood in 2012 was daar 13 kleinkinders.
Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.
Diskografie Korsten se albums: Diamante Versameling - 3CD Super Boksie, 2010 EMI Love Songs 2CD, 2008 GALLO Afrikaanse Goue Stemme, 2008 EMI Rina & Gé / Gé se 20 Treffers 2CD, 2005 EMI Die Onvergeetlike, 2005 Gé se 20 Treffers, 2004 DECIBEL/EMI Die Vergete Opnames, 2004 EMI Naby My / Sailing, 2001 DECIBEL/EMI Memory, 2001 EMI The Heart And Soul Of Gé Korsten, GALLO Sacred Songs / Gewyde Liedere, DECIBEL/EMI Rina & Gé, 1993 DECIBEL Grootste Treffers, MUSIC FOR PLEASURE Sacred Songs, GALLO Memory LP, 1982 Eendag LP, 1981 EMI Bly By My Heer LP/CD, 1980 MUSIC FOR PLEASURE/GALLO Gé & Susanne, MUSIC FOR PLEASURE/GALLO Jerusalem en ander treffers LP, MUSIC FOR PLEASURE Huistoe LP/CD, 1979 GALLO Thank You for The Music, MUSIC FOR PLEASURE/ GALLO Gé sing: TV Treffers LP/CD, 1978 MUSIC FOR PLEASURE/GALLO Hier Is ´n Mens, GALLO Sonder Jou LP/CD, 1976 MUSIC FOR PLEASURE/BRIGADIERS/EMI Touch The Wind LP, 1974 BRIGADIERS/EMI Liefling LP/CD, 1972 BRIGADIERS/GALLO A New Life LP/CD, 1970 BRIGADIERS/GALLO Die Hartseerwals, GALLO Soet Herinnering, GALLO In My Seemanshart, GALLO vetseunKOOP/BUY Lied In My Hart klankbaan LP (film) KAVALIER FILMS/PRIMEDIA, 1969 BRIGADIERS Lili Marlene LP/CD, 1969 BRIGADIERS/GALLO The Student Prince, GALLO Sing, Seeman, Sing LP/CD, 1972 BRIGADIERS/GALLO Mag Die Heer U Seën LP/CD, BRIGADIERS/GALLO Op Toer/On Tour LP/CD, 1976 BRIGADIERS/GALLO Cara Mia LP, BRIGADIERS Night Of Love LP/CD, 1968 BRIGADIERS/GALLO Seeman LP/CD, BRIGADIERS/GALLO Sing Out LP/CD, BRIGADIERS/GALLO Always LP/CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO Hits from Hear My Song / Treffers uit Hoor My Lied LP/CD/DVD Kruger Miljoene & Kavaliers CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO Kruger Miljoene & Kavaliers LP, 1967 BRIGADIERS Sweethearts LP/CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO Born To Sing, BRIGADIERS/GALLO Sing Erika LP/CD, FAK PLATEKLUB/GALLO Granada LP/CD, 1966 BRIGADIERS/GALLO Sing Uit Die Hart LP/CD, 1965/1988 TEAL/BRIGADIERS/GALLO Lieflike Droom LP, 1973 BRIGADIERS/EMI In The Cango Caves / In Die Kango-Grotte LP, 1971 BRIGADIERS/EMI Sing, Seeman, Sing LP/CD, 1969 MUSIC FOR PLEASURE/EMI/GALLO On Tour LP, 1964 BRIGADIERS
Filmografie Rolprente waarin Korsten gespeel het: Kruger Miljoene, 1967 Hoor My Lied, 1967 Lied in My Hart. 1969 A New Life, 1970 Lokval in Venesië, 1972 Netnou hoor die kinders, 1977
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Verwysings
Bronne Inligtingsbaadjie ingesluit by Gedenkalbum getiteld Ter Nagedagtenis aan Gé Korsten - Die 25 Grootste Treffers in 1999 deur Scorpio Music uitgereik
Eksterne skakels Artikel oor Korsten se dood Webtuiste oor Gé Korsten met foto's en klanklêers
Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Nederland Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 1999