Fosfor-31 (chemiese notasie: P) is 'n stabiele isotoop van fosfor. Dit is die enigste stabiele isotoop.
KMR Fosfor-31 het 'n kernspin van I=1/2, die bereik van sy chemiese verskuiwings is taamlik groot, ongeveer 430 dpm, die frekwensieverhouding van sy resonansie is 40,480742% en dit is alles maak hom gunstig vir kernmagnetiese resonansie (KMR). Die gevoeligheid is nie so groot nie, net 6,64 x 10-3 keer die proton s'n, maar dit is steeds beter as koolstof-13 s'n. Dit maak fosfor-31 'n goeie kern vir KMR.
Die spinkoppeling met protone word gewoonlik ontkoppel, maar die koppeling met protone of met fluoor-19 kan ook bestudeer word.
Verwysings
Kategorie:Isotope van fosfor