Carlson se halgerda (Halgerda carlsoni) is 'n seeslak wat tot 60 mm lank word. Dit kom voor in die westelike Stille Oseaan, die kus van Tanzanië en die kus van noordelike KwaZulu-Natal. Die slak se kleur is opvallend, die mantel is wit met verskeie ronde oranjepunt tuberkels. Die seedier se lyf is bedek met onreëlmatige verspreide klein, oranje kolletjies. Die kieue en rinofore se kleur wissel, dit is oor die algemeen wit met swart kolle.
Verwysings