Die Seychelle Internasionale Lughawe (IATA-kode: SEZ, ICAO: FSIA), of Aéroport de la Pointe Larue in Frans, is die internasionale lughawe van die Seychelle geleë op die eiland Mahé naby die hoofstad Victoria. Die lughawe is die basis en die huisves die hoofkantoor van Air SeychellesOffices & GSAs head Office . Air Seychelles. Besoek on 29 Januarie 2017 Dit  bied verskeie plaaslike en langafstandroetes as gevolg van sy belangrikheid as 'n internasionale ontspanningsbestemming.

duimnael|Aanloopbaan duimnael|Lugfoto Die lughawe is 11 km suidoos van die hoofstad en is bereikbaar met die Victoriahoofweg. Dit vorm deel van die administratiewe distrikte van La Pointe Larue (terminaalgebied), Cascade/Providence (in die noorde), en Anse aux Penne (in die suide en die militêre basis).

Die Seychelle ongerigte radiobaken (I: SEY) is geleë 10 km vanaf die benaderingspunt van aanloopbaan 13. Die Seychelle VOR-DME (I: SEY) is geleë op die lughawe.

Terminale Die binnelandse terminaal is noord naby aan die internasionale terminaal. Dit bied tusseneilandvlugte met 'n vertrek elke 10-15 minute op besige tye wat ooreenstem met internasionale aankomste en elke 30 minute op ander tye. 'n Vragterminaal is suid van die internasionale terminaal en Air Seychelles hanteer alle vrag van internasionale en plaaslike roetes.

Ontwikkeling sedert die 2000's Die jaar 2005/2006 het verdere ontwikkeling van die burgerlike lugvaart in die Seychelle ingelei. Werk het begin aan opgradering en uitbreiding aan die terminaalgebou, om ten minste vyf medium tot groot straalvliegtuie (bv. Boeing 767 of Airbus A330) sowel as ses kleiner stralers (bv. Boeing 737 of Airbus A320) op 'n slag te te kan hanteer.

Padverbindings Daar is 'n gereelde busdiens na Victoria, asook taxi-staanplekke buite die terminaal vir beskikbare ritte na enige plek op die eiland Mahé.

Verwysings

Kategorie:Lughawens in Afrika