Chloor-37 (chemiese notasie Cl) is 'n stabiele isotoop van chloor.

KMR

Die kern het nes chloor-35 s'n 'n kernspin van I=3/2 en daardeur 'n kwadrupool. Die verbreding van die pieke wat hierdeur veroorsaak word, is effens minder as vir chloor-35, maar die gevoeligheid en die aanwesigheid is kleiner. Dit lei tot 'n gevoeligheid by natuurlike isotoopsamestelling van slegs 6,58 x 10-4 keer die proton s'n. Die ander isotoop word baie meer gebruik vir kernmagnetiese resonansie.Hebreeuse Universiteit van Jerusalem

Neutrino-deteksie Hoewel die son vir die aarde met baie neutrino's bombardeer, is dit moeilik om hulle waar te neem en om instrumente te bou wat dit vermag. Davis het die chloor-37-isotoop hiervoor gebruik. Die kernreaksie is:

Die argon-isotoop wat gevorm word het 'n halfleeftyd van 35 dae. Davis se instrument het bestaan uit 'n met 100 000 gallon gevulde vat wat een myl ondergronds in die Homestake goudmyn geplaas is. Die gevormde radioaktiewe argon is met helium uit die vloeistof gespoel en versamel. Die radioisotoop se verval verloop deur elektronvangs:

Die teruggevormde chlooratoom is aanvanklik in 'n opgewekte toestand en verval met vrystelling van fotone wat gemeet kan word.

Davis se eksperiment het net 'n derde van die verwagte neutrino's gewys. Later is dit verklaar deur die vermoë van neutrino's om van "aroma" te verander. Net een van die drie aromas wys die bostaande reaktiwiteit.The Physical Universe: An Introduction to Astronomy University Science Books, 1982, ,

Isotoopverhoudings Die waarde van δCl-isotoopverhouding wissel hier op aarde gewoonlik nie meer as van -4‰ tot +3‰ nie. Uitsonderings is poriewater in neerslae wat waardes van -8‰ kan bereik, natuurlike perchlorate wat wissel van -15 to +7‰ en vulkaniese gasse wat tot +20‰ kan bereik.

Op die maan is dit heeltemal anders. Daar is waardes gevind wat wissel van -4 tot +34 ‰Non-Traditional Stable Isotopes Walter de Gruyter GmbH & Co KG, 2017, ,

Die standaard wat gebruik word, heet SMOC (Standard Mean Ocean Chloride) en is die gemiddelde verhouding wat in oseaanwater aangetref word.CIAAW IUPAC

Verwysings

Kategorie:Isotope van chloor