Argon-36 (chemiese notasie Ar) is 'n stabiele isotoop van argon, 'n edelgas. Dit is een van die drie stabiele isotope van die element, naas argon-38 en argon-40. Die voorkoms van argon-36 op aarde bedra 0,3365%.

Kwasi-stabiliteit Wetenskaplikes vermoed dat Argon-36 via dubbele betaverval oorgaan na die stabiele isotoop swawel-36. Die vervalenergie bedra −1611,87 keV. Die halfleeftyd is nogtans baie lank.

Oerisotoop Dit word dalk gevorm tydens die ineenstorting van 'n sware ster se kern by 'n supernova. Die molekulêre ioon is in die Krap-newel waargeneem en dit bevestig hierdie teorie.Detection of a Noble Gas Molecular Ion, 36ArH+, in the Crab Nebula Science 342(6164) 2013, bls. 1343-1345 Argon-36 en argon-38 is oerisotope wat in die nukleosintese binne sterre gevorm word, terwyl argon-40 hoofsaaklik 'n radiogene vervalproduk van K is. In die son se atmosfeer oorheers die oerisotope. Die isotoopverhouding is omtrent 84:15:1. Hier op aarde verteenwoordig die radiogene isotoop 99,6% van die atmosfeer se argon.Chemistryworld

Vervalproduk Argon-36 ontstaan onder meer tydens die radioaktiewe verval van chloor-36, kalium-36 en kalsium-37.

Chondriete Argon-36 is 'n oerisotoop en sy volopheid word soms vergelyk met ander oerisotope s'n, byvoorbeeld in die studie van meteoriete. Koolstofhoudende chondriete bevat volop argon en neon. Die gasse is in die kristalrooster van die meteoriet opgesluit en kan by verhitting tot 950 K vrygestel en gemeet word. Die radiogene argon word makliker vrygestel as die oerisotoop argon-36. Vir neon is dit anders. Die verhouding van die oerisotope Ne en Ar wissel tussen 0,005 en 22, wat aandui dat groot fraksionering deur diffusieverlies plaasgevind het.Primordial argon and neon in carbonaceous chondrites and ureilites Geochimica et Cosmochimica Acta 24(1–2), 1961, bls. 70-82

Verwysings

Wolfram Alpha Periodieke tabel

Kategorie:Isotope van argon