Swawel-33 (chemiese notasie S) is 'n stabiele isotoop van swawel.
KMR Swawel-33 is die enigste stabiele isotoop van swawel wat KMR-aktief is. Die kern is nogtans nie so geskik daarvoor nie en swawel-KMR word min aangewend. S het 'n kernspin van I=3/2 en daarmee ook 'n kwadrupool. Die resonansiepieke is breed daardeur of in asimmetriese omringing soms baie breed. Die gevoeligheid van hierdie seldsame kern is laag, net 1,72 x 10-5 keer die proton s'n vir 'n monster met natuurlike isotoopsamestelling. Die chemiese verskuiwings is nogtans aansienlik, sowat 970 dpm.Hebreeuse Universiteit van Jerusalem
Verwysings
Kategorie:Isotope van swawel