Swawel-34 (chemiese notasie S) is 'n stabiele isotoop van swawel.

Isotoopverhoudings Die S/S-verhouding word dikwels analoog aan die O/O-verhouding as 'n grootheid δ34S in ‰ uitgedruk. Die VCDT (Vienna Canyon Diablo Troiliet)-mineraal word as standaard gebruik en die bereik van afwykings van die standaard hier op aarde in sowat van -50 ‰ tot + 50 ‰.

In stollingsgesteentes en meteoriete is die waarde van δ34S amper 0 ‰ Wisselings in die δ34S -waarde word hier op aarde deur twee prosesse veroorsaak: Reduksie van sulfaat na sulfied deur anaërobiese bakterieë. Dit verhoog δ34S in die sulfaat wat oorbly. Heelparty uitwisselingsprosesse wat veroorsaak dat swawel-34 in die verbinding met die hoogste oksidasietoestand ophoop.USGS

'n Groot verandering in die waarde van δ34S van +30‰ tot −10‰ is in piriet tydens die Hüttenberg-anomalie van die Ediacarium van Namibië waargeneem. Hierdie wisseling gaan saam met veranderings is die isotoopverhoudings van koolstof-13, suurstof-18 en 87Sr/86Sr. Die anomalie weerspieël wisselings in die suurstofgehalte en die oksidasiepotensiaal van die Aarde in hierdie tydperk.The Neoproterozoic Hüttenberg δ13C anomaly: Genesis and global implications Precambrian Research 313, Augustus 2018, bls. 242-262

Verwysings

Kategorie:Isotope van swawel