Die Grupo Odebrecht (Portugees: [odɛˈbɾɛ(t͡)ʃ], ook Organização Odebrecht genoem) is 'n multinasionale konglomeraat en familie-onderneming met wêreldwye belange in die ingenieurs- en boubedryf, petrochemie, chemie, energie, infrastruktuur, vervoer en logistiek, eiendomme, milieubeskerming, etanol en suiker. Die onderneming, wat ook as houermaatskappy vir die bou-onderneming Construtora Norberto Odebrecht dien en in 1944 deur die ingenieur Norberto Odebrecht gevestig is, het sy hoofkwartier in Salvador da Bahia in die Brasiliaanse deelstaat Bahia.
Eksterne skakels Odebrecht Group - History Media Odebrecht S.A. - YouTube-portaal
Kategorie:Brasiliaanse maatskappye