Miguel Mario Díaz-Canel y Bermúdez (gebore op 20 April 1960) is 'n Kubaanse politikus en ingenieur wat sedert April 2021 die eerste

Vroeë lewe en opvoeding Díaz-Canel is op 20 April 1960 in Placetas, Villa Clara, gebore aan Aída Bermúdez, 'n onderwyseres, en Miguel Díaz-Canel, 'n meganiese aanlegwerker in Santa Clara, Kuba. Hy is van direkte Spaanse (Asturiese) afkoms; sy oupagrootjie Ramón Díaz-Canel het in die laat 19de eeu vir Castropol, Asturië (Spanje) vir Havana verlaat.Cuba ya tiene un nuevo presidente, de ascendencia asturiana – ileonDe ruta por las raíces asturianas de Miguel Díaz-Canel – El Comercio

Hy het in 1982 aan die Sentrale Universiteit van Las Villas gegradueer as 'n elektroniese ingenieur en het daarna by die Kubaanse Revolusionêre Gewapende Magte aangesluit.Damien Cave, Raúl Castro Says His Current Term as President of Cuba Will Be His Last, The New York Times, 24 Februarie 2013 Vanaf April 1985 was hy 'n dosent in ingenieurswese by sy alma mater. In 1987 het hy 'n internasionale sending in Nicaragua voltooi as eerste sekretaris van die Jong Kommunistiese Liga van Villa Clara. Politieke loopbaan In 1993 het Díaz-Canel vir die Kommunistiese Party van Kuba begin werk en 'n jaar later is hy as Eerste Sekretaris van die Provinsiale Partykomitee van die Villa Clara-provinsie ('n topposisie hoër as 'n goewerneur) verkies. Hy het 'n reputasie vir bekwaamheid tydens sy ampstermyn verwerf, waartydens daar berig word dat hy LGBT-regte ondersteun het in 'n tyd toe baie in die provinsie teen homoseksualiteit. In 2003 is hy tot dieselfde posisie in die Holguín-provinsie verkies. Hy het daardie jaar 'n lid van die Politburo van die Kommunistiese Party van Kuba geword.

Díaz-Canel is in Mei 2009 as Minister van Hoër Onderwys aangestel, 'n pos wat hy beklee het tot 22 Maart 2012, toe hy Visepresident van die Raad van Ministers (adjunk-premier) geword het. In 2013 het hy ook eerste visepresident van die Staatsraad geword. As eerste visepresident van die staatsraad was Díaz-Canel Raúl Castro se adjunk.

Leierskap van Kuba In 2018 het die 86-jarige Castro bedank as president van die Staatsraad en die Raad van Ministers. Hy het aahou dien as die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese Party van Kuba en die bevelvoerder-in-hoof van die Kubaanse Revolusionêre Weermag. Op 18 April 2018 is Díaz-Canel gekies om vir Castro as president op te volg. Hy is deur 'n stemming van die Nasionale Vergadering op 19 April bevestig en op dieselfde dag ingesweer.

In Oktober 2019 het Diaz-Canel die president van die Republiek van Kuba geword, 'n amp wat daardie Februarie herskep is nadat 'n reeks grondwetlike hervormings in 'n grondwetlike referendum goedgekeur is.Cuba’s Reformed Constitution, a Democratic and Participatory Process Havana Times, 23 Julie 2018 Hierdie amp het die een vervang wat hy sedert April van die vorige jaar beklee het, wat die President van die Staatsraad was, wat voorheen die staatshoof van Kuba was.

Op 19 April 2021 het hy amptelik die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese Party geword na die bedanking van Raúl Castro. Dit het hom die leier van Kuba gemaak, in werklikheid sowel as in naam. Daar is verneem dat Raúl die werklike mag behou het nadat hy die presidentskap aan Diaz-Canel in 2018 afgestaan het. Diaz-Canel is die eerste nie-Castro om die party te lei sedert die Kubaanse rewolusie van 1959.Cuba has a new leader and it’s not a Castro. Besoek op 4 Januarie 2024. Verwysings

Sien ook Lys van presidente van Kuba Lys van eerste ministers van Kuba

Eksterne skakels

Biografie deur CIDOB (in Spaans)

Kategorie:Presidente van Kuba Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Kubaanse politici Kategorie:Diktators