Die R82 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Johannesburg met Kroonstad verbind via Vereeniging en Sasolburg.
Dit begin by die suidelike einde van die M1 Johannesburg metrosnelweg en loop suid, sluit aan by die R59, R54, R42 en R28 paaie by Vereeniging voor die kruising van die Vaalrivier in die Vrystaat en gaan voort tot in Kroonstad.
Dit is ’n alternatiewe roete vir die N1 Nasionale Roete tussen Johannesburg en Kroonstad.
Sien ook Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika
Kategorie:Provinsiale roetes in Suid-Afrika Kategorie:Gauteng Kategorie:Vrystaat