Die Afrikanasiesbeker 1996 is van 13 Januarie tot en met 3 Februarie 1996 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die 20ste aanbieding van die CAF se Afrikanasiesbeker-toernooi en die eerste keer wat Suid-Afrika die geleentheid gekry het om as gasheer op te tree voordat hulle ook die 2013-toernooi aangebied het.
duimnael|links|upright|Die Trofee van Afrika-eenheid waarom meegeding is Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 16 nasionale sokkerspanne, wat verhoog is van die vorige twaalf deelnemers tydens die Afrikanasiesbekertoernooie in 1992 en 1994. Nadat die titelhouer Nigerië weens Suid-Afrika se gasheerskap nie aan die toernooi wou deelneem nie, is Guinee gevra om deel te neem, maar hulle het weens ’n gebrek aan voorbereidingstyd geweier, waarvolgens 15 pleks van 16 spanne vanuit verskeie Afrikalande aan dié toernooi deelgeneem het. Suid-Afrika se Bafana-Bafana het die trofee gewen nadat hulle Tunisië op 3 Februarie in die ENB-stadion met 2–0 geklop en sodoende hulle eerste Afrikatitel ingepalm het; Suid-Afrika het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 in Frankryk gekwalifiseer. Zambië het in die derde en Ghana in die vierde plek geëindig.
Toewysing Oorspronklik is Kenia deur CAF as gasheer vir die toernooi aangewys, maar het dit later weens die regering se gebrek aan finansiële ondersteuning en die agterstand in die verbetering van fasiliteite teruggegee, waarvolgens Suid-Afrika as gasheer aangewys is.
Kwalifisering Die gasheer Suid-Afrika het regstreeks vir die Afrikanasiesbeker 1996 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 44 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding. Die verdedigende kampioen Nigerië moes op druk deur die destydse diktator Sani Abacha weens veiligheidskwessies in Suid-Afrika net voor die begin van die toernooi homself onttrek. Nadat Guinee, die naasbeste kwalifiseerder, die aanbod verwerp het om Nigerië se plek in te neem weens ’n gebrek aan voorbereidingstyd het, het 15 pleks van 16 spanne deelgeneem.
Kwalifiserende spanne Die volgende 15 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie9de11992Kampioen (1990)1ste1–Debuut2de11978Groepfase (1978)15de71994Kampioen (1957, 1959, 1986)2de21994Groepfase (1994)11de31994Kampioen (1963, 1965, 1978, 1982)12de71992Kampioen (1992)9de11992Kampioen (1984, 1988)1ste1–Debuut2de11986Groepfase (1986)2de21994Groepfase (1994)1ste1–Debuut7de11994Naaswenner (1965)10de31994Kampioen (1968, 1974)8de41994Naaswenner (1974, 1994)
Stadions Die wedstryde is in vier stede en in vier stadions gespeel:
Johannesburg Durban ENB-stadion Kings Park-stadion Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 52 000 200px 200px Bloemfontein Port Elizabeth Vrystaatstadion Boet Erasmus-stadion Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 33 852 200px 200px
Formaat Die Afrikanasiesbeker 1996 is oor 22 dae tussen 15 verskillende nasies oor 29 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Januarie 1996 op die ENB-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Kameroen afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 3 Februarie met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Tunisië, waartydens die gasheer die Afrikanasiesbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Afrikanasiesbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJanuarieSa13So14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Sa20So21Ma22Di23Wo24Do25Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep C
| bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1Groep D | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJanuarie/FebruarieVr26Sa27So28Ma29Di30Wo31Do1Vr2Sa3Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#c3b091| 2Legende
Groepfase Die Afrikanasiesbeker 1996 is deur 15 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 15 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase 15 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land320141+36320143+16311157–24301246–21
Groep B Land321091+8732104137310227–53300339–60
Groep C Land210132+1321012203210123–13
het onttrek, waarvolgens hul drie wedstryde gekanselleer is: teen op 16 Januarie 1996. teen op 19 Januarie 1996. teen op 25 Januarie 1996.
Groep D Land330061+59311154+14310225–33301214–31
Uitklopfase
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Afrikanasiesbekerkampioen 1996
Ranglys duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Suid-Afrika RangSpanGroep 1 A 6 5 0 1 11 2 +9 15 2 D 6 2 2 2 10 9 +1 8 3 B 6 4 1 1 15 6 +9 13 4 D 6 4 0 2 7 5 +2 12 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 B 4 2 1 1 5 3 +2 7 6 A 4 2 0 2 5 6 –1 6 7 C 3 1 1 1 4 3 +1 4 8 C 3 1 0 2 2 3 –1 3 In die groepfase uitgeskakel 9 A 3 1 1 1 5 7 –2 4 10 C 2 1 0 1 2 3 –1 3 11 D 3 1 0 2 2 5 –3 3 12 B 3 1 0 2 2 7 −5 3 13 A 3 0 1 2 4 6 −2 1 14 D 3 0 1 2 1 4 –3 1 15 B 3 0 0 3 3 9 −6 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Kalusha Bwalya 5 2 John Moshoeu 4 Mark Williams 4 4 Imed Ben Younes 3 Ahmed El-Kass 3 Dennis Lota 3
Verwysings
Eksterne skakels
rsssf.com: African Nations Cup 1996 – Final Tournament Details worldfootball.net: Africa Cup 1996 South Africa » Schedule
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Sokkerkompetisies in Suid-Afrika Kategorie:Sport in 1996 1996