Rustenburgiet is 'n mineraal met formule . Dit is 'n PGE-mineraal wat nouverwant aan die minerale atokiet en zvyagintseviet is. Navorsing met sintetiese materiale het getoon dat die drie minerale lede is van een reeks mengkristalle met 'n algemene formule waar MI = Pt of Pd en MII = Sn of Pb.

MineraalMIMIIRustenburgietPtSnAtokietPdSnZvyagintsevietPdPb

Natuurlike rustenburgiet het gewoonlik Pd en Pb as onsuiwerhede, maar is gedefinier as Pt>Pd en Sn>Pb. Die sintetiese rustenburgiet- en atokietkristalle, wat stadig uit die smelt afgekoel is, het die geordende Cu3Au-struktuur gehad (ourikupried- L1), maar die natuurlike mineraal is baie aan spanning blootgestel, waarskynlik tydens die ertsverwerking en het 'n wanordelike rooster getoon, wat met die kubiese digpakking van die koperstruktuur (A1) ooreenkom. In binêre allooie van hierdie tipe is dit gebruiklik dat skielike afkoeling of later meganiese beskadiging die ordening kan verhoed of weer versteur.

Die mineraal is na die Rustenburgmyn naby Rustenburg genoem, maar dit kom op heelparty plekke in platinummyne in Suid-Afrika voor, soos Driekop, Sandsloot, Thabazimbi, Onverwacht, Amandelbult en Impala.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Minerale