Die Paralimpiese Winterspele 2026 (Italiaans: XIV Giochi paralimpici invernali) is tussen 6 en 15 Maart 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied. Dit was die 14de Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 1960 in Rome en die Paralimpiese Winterspele 2006 in Turyn die derde Paralimpiese Spele in Italië.

duimnael|links|Olimpiese medaljes is op die Piazza del Duomo van Milaan oorhandig Ná die Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville was dit die tweede Paralimpiese Winterspele met twee amptelike gasheerstede en ná die Paralimpiese Winterspele 2010 in Vancouver die tweede waar die openings- en sluitingseremonies op verskillende plekke gehou is. Die openingseremonie het op die Verona Arena in Verona plaasgevind, terwyl die sluitingseremonie in die Stadio Olimpico Del Ghiaccio in Cortina gehou is. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Italië laaste, maar aangesien die plaaslike taal Italiaans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. El Salvador, Haïti, Montenegro, Noord-Masedonië en Portugal het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Beide Russiese en Belarussiese atlete is vir die eerste keer sedert die begin van die Russiese inval in Oekraïne weer toegelaat om deel te neem, wat groot kritiek ontlok het. Iran kon weens die Aanvalle deur Israel en die Verenigde State nie aan die Paralimpiese Winterspele deelneem nie.

Die Olimpiese Winterspele 2026 is tussen 6 en 22 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|Giovanni Malagò, hoof van Italië se bod-komitee duimnael|Logo van die Italiaanse bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2026. Milaan en Cortina d'Ampezzo is op 24 Junie 2019 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2026. Die enigste ander kandidaat was Stockholm, Swede.

Die gasheerstad sou oorspronklik in Oktober 2019 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Milaan, Italië, aangekondig word. Die IOK het die stemming egter na 'n ander plek – en datum – verskuif, nadat Italië 'n bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ingedien het wat die stad Milaan insluit. Die stemming is op 24 Junie 2019 in die hoofkantoor van die IOK in Lausanne, Switserland, gehou. Die eerste aansoekfase vir die Spele het in September 2017 begin.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2026 Stad Land Rondte 1 Milaan en Cortina d'Ampezzo 47 Stockholm 34

Sportplekke Milaan-gebied duimnael|Stadio Olimpico Del Ghiaccio PalaItalia – sleehokkie

Valtellina-gebied Fabio Canal – paratweekamp, Heg-en-steg-ski

Cortina d'Ampezzo-gebied Olimpia delle Tofane – alpeski Cortina Para Snowboard Park – sneeuplankry Stadio Olimpico Del Ghiaccio – rolstolysbal, sluitingseremonie

Verona-gebied Verona Arena – openingseremonie

Sporte duimnael|Rolstolysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2006 6 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 79 medaljes oorhandig. 20px Alpeski (30) 20px Heg-en-steg-ski (20) 20px Paratweekamp (18) 20px Rolstolysbal (2) 20px Sleehokkie (1) 20px Sneeuplankry (8)

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

Maart 2026 456789101112131415GouemedaljesSeremonies OS SS20px Alpeski

|style="background-color:#ffcc00;"|6 | |style="background-color:#ffcc00;"|6 |style="background-color:#ffcc00;"|6 | |style="background-color:#ffcc00;"|3 |style="background-color:#ffcc00;"|3 |style="background-color:#ffcc00;"|3 |style="background-color:#ffcc00;"|3 |3020px Heg-en-steg-ski

|style="background-color:#ffcc00;"|6 |style="background-color:#ffcc00;"|6

|style="background-color:#ffcc00;"|2 |style="background-color:#ffcc00;"|6 |2020px Paratweekamp

|style="background-color:#ffcc00;"|6 |style="background-color:#ffcc00;"|6

|style="background-color:#ffcc00;"|6

|1820px Rolstoelysbal |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#ffcc00;"|1 |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#ffcc00;"|1 | |220px Sleehokkie

|style="background-color:#3399ff;"|● | |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● | |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#ffcc00;"|1 |120px Sneeuplankry

|style="background-color:#3399ff;"|● |style="background-color:#ffcc00;"|4

|style="background-color:#ffcc00;"|4

|8Totaal 0 0 0 12 10 6 12 7 3 13 6 10 79Kumulatief 0 0 0 12 22 28 40 47 50 63 69 79Maart 2026 456789101112131415Gouemedaljes

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Aantal medaljes Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (CHN) 70 15 13 16 44 2 (USA) 68 13 15 6 24 3 (RUS) 6 8 1 3 12 4 (ITA) 42 7 7 2 16 5 (AUS) 15 7 2 4 13 6 (FRA) 14 4 4 4 12 7 (UKR) 25 3 8 8 19 8 (CAN) 46 3 4 8 15 9 (NED) 8 3 3 1 7 10 (SWE) 14 3 0 4 7 Totaal (27 NPKs) 612 79 79 80 238

Sien ook Paralimpiese Somerspele 1960 in Rome Paralimpiese Winterspele 2006 in Turyn

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2026 Milano Cortina 2026 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Cortina d'Ampezzo Kategorie:Geskiedenis van Italië Kategorie:Milaan 2026 Kategorie:Sport in 2026