Yandex (Russies: Яндекс) is ’n soekenjin wat deur die Russiese korporasie Yandex besit word. In Januarie 2015 het dit 51,2% van alle internetsoektogte in Rusland hanteer, volgens Liveinternet.. Liveinternet site. Besoek op 2015-02-03.

Yandex het verskeie gewilde eienskappe soos ’n metode om te herken wanneer ’n soektog byvoorbeeld nuus- of sportgeoriënteer is, ’n speltoetser, antivirusprogram, outomatiese voltooiing, ens.SEC: Yandex Form F-1 Registration Statement Die soekenjin kan bereik word met rekenaars, selfone, tablette en ander digitale toestelle. Yandex bied ook ander gespesialiseerde webdienste.

In Mei 2010 is Yandex.com van stapel gestuur; dit is ’n platform vir die toetsing van sagteware en die verbetering van soektog in ander tale as Russies.Matt McGee, Search Engine Land. Russia’s Yandex Search Engine Goes Global . Besoek op 2011-04-30.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Rusland Kategorie:Webwerwe