VK (oorspronklik VKontakte; Russies: ВКонта́кте, letterlik "InKontak") is die grootste Europese aanlyn sosialemedia- en netwerkdiens. Dit is in baie tale beskikbaar, maar is veral gewild onder Russiessprekendes. Nes in ander soortgelyke dienste kan gebruikers vir mekaar persoonlike of groepsboodskappe stuur, groepe en openbare geleenthede skep, foto's, klank- en videogrepe deel en blaaiergebaseerde speletjies speel. Dit is in Sint Petersburg, Rusland, gebaseer.
In Januarie 2017 het VK minstens 410 miljoen geregistreerde gebruikers gehad. Dit is in Februarie 2017 gelys as 13de op Alexa se lys van top-500-webtuistes wêreldwyd. Dit is die gewildste webtuiste in Rusland en volgens SimilarWeb die vyfde gewildste webtuiste in die wêreld. Dit was in Oktober 2016 ook die gewildste sosialenetwerkwebtuiste in Belarus, Oekraïne en Kasakstan.
Volgens Alexa was dit in Junie 2014 naas die soekenjin Yandex die mees besoekte webtuiste in Rusland.">
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Rusland Kategorie:Webwerwe Kategorie:Sosiale media