Die Paralimpiese Somerspele 2028 (Engels: 2028 Summer Paralympics) sal na verwagting tussen 22 Augustus en 3 September 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word. Dit sal die 18de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele wees. Dit sal ook die eerste keer wees dat Los Angeles die spele gaan organiseer.
duimnael|links|Die Los Angeles Memorial Coliseum Die opening- en sluitingseremonies sal in die LA Stadium at Hollywood Park in Los Angeles plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Olimpiese Somerspele 2028 sal tussen 21 Julie en 26 Augustus in Los Angeles gehou word.
Toewysing duimnael|links|upright|Casey Wasserman, hoof van Los Angeles se reëlingskomitee As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2028 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2028.
Los Angeles is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2028. Die enigste ander kandidaat was Parys, maar het voor die stemming hulself onttrek en vir die Olimpiese Somerspele 2024 beskikbaar gestel.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2028 Stad Land Stemme Los Angeles eenparig
Sien ook Paralimpiese Somerspele 1984 in New York Stad en Stoke Mandeville (VK) Paralimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Paralimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City
Verwysings
Eksterne skakels
LA 2028 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee. Amptelike webwerf van die Spele
Kategorie:Sport in Los Angeles 2028 2028 Kategorie:Sport in 2028