Die Paralimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季残疾人奥林匹克运动会; pinyin: 2022 Nián Dōngjì Cánjí Rén Àolínpǐkè Yùndònghuì) is tussen 4 en 13 Maart 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied. Dit was die 13de Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 2008 die tweede Paralimpiese Spele in die Chinese hoofstad Beijing.
duimnael|links|Die Nasionale Stadion van Beijing Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Paralimpiese Somerspele en Winterspele gehou het. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Paralimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die derde Asiatiese stad geword waar Paralimpiese Winterspele gehou is.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Nes die Olimpiese Somerspele 2020 ses maande voorheen, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vir een jaar uitgestel is, het dit sonder enige toeskouers plaasgevind. Die spanne van Azerbeidjan, Israel en Puerto Rico het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Beide Russiese en Belarussiese atlete is weens die Russiese inval in Oekraïne een dag voor die openingseremonie van die Paralimpiese Winterspele 2022 uitgesluit.
Die Olimpiese Winterspele 2022 is tussen 4 en 20 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Beijing gehou.
Toewysing duimnael|links|Setel van die Chinese reëlingskomitee in Beijing duimnael|Bing Dwen Dwen en Shuey Rhon Rhon, die gelukbringers van die Paralimpiese Winterspele 2022 As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2022 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2022. Beijing is op 31 Julie 2015 in Kuala Lumpur deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2022. Die enigste ander kandidaat was Almati.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2022 Stad Land Rondte 1 Beijing 44 Almati 40
Sportplekke Beijing duimnael|Kaart van die sportplekke duimnael|Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond duimnael|Die Beijing Nasionale Binnestadion Olimpiese groenplekke Beijing Nasionale watersportsentrum – rolstoelysbal / 4 000 klaar/opgeknap Beijing Nasionale Binnestadion – sleehokkie / 18 000 klaar Beijing Nasionale Stadion – opening- en sluitingseremonies / 80 000 klaar Beijing Paralimpiese Winterdorp – nuut Chinese Nasionale Vergaderingsentrum – Internasionale Uitsaaisentrum / klaar
Yanqing-gebied Xiaohaituo Alpeskiveld – alpeski / 15 000 Yanqing MMC: Internasionale Uitsaaisentrum Yanqing Paralimpiese dorp en medaljeplein / nuut
Zhangjiakou-gebied Kuyangshu Tweekampveld – Heg-en-steg-ski / 15 000 Hualindong Ski Resort – paratweekamp / 15 000 Genting Hotel – Internasionale Uitsaaisentrum Taiwu Ski Resort – sneeuplankry (kruispad), vryski / 10 000 Zhangjiakou Paralimpiese dorp en medaljeplein
Sporte 6 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 78 medaljes oorhandig. 20px Alpeski (30) 20px Heg-en-steg-ski (20) 20px Paratweekamp (18) 20px Rolstolysbal (1) 20px Sleehokkie (1) 20px Sneeuplankry (8)
Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Maart 2022 45678910111213GouemedaljesSeremonies OS SS20px Alpeski | | bgcolor="#ffcc00" |6 | bgcolor="#ffcc00" |6 | bgcolor="#ffcc00" |6
| bgcolor="#ffcc00" |3 | bgcolor="#ffcc00" |3 | bgcolor="#ffcc00" |3 | bgcolor="#ffcc00" |3 | 3020px Heg-en-steg-ski
| bgcolor="#ffcc00" |2 | bgcolor="#ffcc00" |4 | | bgcolor="#ffcc00" |6
| bgcolor="#ffcc00" |6 | bgcolor="#ffcc00" |2 | 2020px Paratweekamp | | bgcolor="#ffcc00" |6
| bgcolor="#ffcc00" |6
| bgcolor="#ffcc00" |6
| 1820px Rolstoelysbal | | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#ffcc00" |1 | | 120px Sleehokkie | | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#ffcc00" |1 | 120px Sneeuplankry
| bgcolor="#3399ff" |● | bgcolor="#ffcc00" |4
| bgcolor="#ffcc00" |4
| 8Totaal 0 12 8 14 6 6 3 13 10 6 78Kumulatief 0 12 20 34 40 46 49 62 72 78Maart 2022 45678910111213Gouemedaljes
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Diplomatieke boikot duimnael|400px|Lande wat 'n diplomatieke boikot van die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig het Die volgende lande het weens verskeie menseregteskendings in Hongkong, Tibet en Xinjiang 'n diplomatieke boikot van beide die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig en dat hulle diplomate nie aan seremonies tydens die spele sal deelneem nie. Dit sal egter nie dié lande se atlete se deelname aan dié spele raak nie.
Buitendien het die volgende lande bevestig dat hulle nie amptelike verteenwoordigers na die openingseremonie sal stuur nie, maar nie as deel van die diplomatieke boikotveldtog nie:
Chinese leiers en media het op die diplomatieke boikot gereageer deur dit as 'n "politisering" van die gebeure te veroordeel.
Aantal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 2022:
Gasheerstad Beijing Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (CHN) 96 18 20 23 61 2 (UKR) 20 11 10 8 29 3 (CAN) 45 8 6 11 25 4 (FRA) 15 7 3 2 12 5 (USA) 65 6 11 3 20 6 (AUT) 16 5 5 3 13 7 (GER) 18 4 8 7 19 8 (NOR) 13 4 2 1 7 9 (JPN) 29 4 1 2 7 10 (SVK) 28 3 0 3 6 Totaal (19 NPKs) 564 78 78 78 234
Sien ook Paralimpiese Somerspele 2008 in Beijing
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 Beijing 2022 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
Kategorie:Beijing Kategorie:Geskiedenis van die Volksrepubliek China Kategorie:Sport in die Volksrepubliek China 2022 Kategorie:Sport in 2022