Ariana Grande-Butera (* 26 Junie 1993) is 'n Amerikaanse sangeres en aktrise. Sy het haar loopbaan begin met 'n rol in die Broadway musical 13, waarna sy die rol van Cat Valentine in die Nickelodeon-televisiereeks Victorious in 2009 vertolk het. Die reeks het na vier seisoene tot 'n einde gekom, en Grande het voortgegaan om in die splinter reeks Sam & Cat te speel. Sy het ook ander teater-, televisie-, en filmrolle vertolk, en as stemakteur in geanimeerde televisiereekse en rolprente opgetree.
Sy is die halfsuster van die akteur Frankie Grande.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu