Die 1977 Formule Een Suid-Afrikaanse Grand Prix het op Saterdag 5 Maart op die Kyalami Grand Prix-renbaan naby Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind. Dit was die eerste wedren van die 1977-kampioenskapseisoen en is deur Niki Lauda in sy Ferrari gewen.
Onder die Formule Eenwedrenne wat by Kyalami gehou is, staan die 1977 Grand Prix uit weens die noodlottige ongeluk wat die lewens van veiligheidsbeampte Frederick Jansen van Vuuren en bestuurder Tom Pryce geëis het.
Ren Noodlottige voorval op rondte 23 Op rondte 22 het die Shadow-Ford van die Italiaanse renjaer Renzo Zorzi, wat 19de was, aan die linkerkant van die hoofpylvak afgetrek, net ná die kruin van 'n heuwel en 'n brug oor die baan. Hy het weer probleme met sy brandstofmeter ondervind, en brandstof is direk op die enjin gepomp, wat toe aan die brand geslaan het. Zorzi het nie dadelik uit sy motor kon klim nie, aangesien hy nie die suurstofpyp van sy helm kon ontkoppel nie.
Die situasie het veroorsaak dat twee baanbeamptes van die kuipemuur aan die oorkant van die baan ingegryp het. Die eerste beampte wat die baan oorgesteek het, was 'n 25-jarige paneelklopper met die naam William (Bill). Die tweede was die 19-jarige Frederik "Frikkie" Jansen van Vuuren, wat 'n 40 pond (18kg) brandblusser gedra het. George Witt, die hoofkuipebeampte vir die wedren, het gesê dat die beleid in geval van brand was dat twee baanbeamptes hulp moet verleen, en 'n verdere twee as rugsteun moet optree ingeval die eerste paar se brandblussers nie doeltreffend genoeg is nie. Witt het ook onthou dat beide beamptes die baan sonder vooraf toestemming oorgesteek het. Eersgenoemde het dit net-net oor die baan gemaak, maar laasgenoemde nie. Toe die twee mans oor die baan begin hardloop, het die motors bestuur deur Hans-Joachim Stuck (12de) en Tom Pryce (13de) oor die kruin van 'n helling in die baan gekom.
Pryce was direk agter Stuck se motor op die hoofpylvak. Stuck het Jansen van Vuuren gesien en na regs beweeg om beide beamptes te vermy, en Bill gemis deur wat die joernalis David Tremayne as "millimeters" beskryf het. Vanuit sy posisie kon Pryce Jansen van Vuuren nie sien nie en kon hy nie so vinnig reageer soos Stuck nie. Hy het die tienerbeampte teen ongeveer 270 km/h (170 mpu) getref. Jansen van Vuuren is in die lug gegooi en het voor Zorzi en Bill geland. Hy is op slag dood, en sy liggaam is erg vermink deur Pryce se motor. Die brandblusser wat hy gedra het, het Pryce se kop met 'n slag getref. Die krag van die impak was sodanig dat die brandblusser oor die dak van die aangrensende pawiljoen getrek het. Dit het agter in die parkeerterrein geland, waar dit 'n geparkeerde motor getref en sy deur toegebuig het.
Die impak met die brandblusser het Pryce se helm skerp opwaarts geruk. Dood was amper seker oombliklik. Pryce se Shadow DN8, nou met sy bestuurder dood agter die stuur, het teen 'n hoë spoed op die pylvak na die eerste draai, genaamd Crowthorne, afgepyl. Die motor het die baan na regs verlaat, teen die metaalversperrings geskraap, 'n ingang vir noodvoertuie getref en terug oor die baan geswaai. Dit het toe Jacques Laffite, die 14de geplaaste, se Ligier getref, wat beide Pryce en Laffite reg teen die vangheining en 'n betonmuur gestuur het.
Einde Lauda se Ferrari kon skaars die wedren voltooi nadat sy motor 'n deel van Pryce se rolstaaf in die onderkant van sy monocoque opgetel het, na die noodlottige ongeluk. Dit het die motor se waterstelsel beskadig en aan die einde van die wedren is bevind dat slegs 'n derde van die gewone twaalf liter water in die stelsel oorgebly het. Beide die waarskuligte vir oliedruk en watertemperatuur het vir die laaste 25 rondtes by Lauda geflikker, in 'n motor wat hy later as 'heeltemal gaar' beskryf het.
Ten spyte hiervan het Lauda uitgehou om sy eerste oorwinning te behaal sedert sy byna noodlottige ongeluk tydens die 1976 Duitse Grand Prix die vorige jaar. Die Suid-Afrikaanse Scheckter was tweede, en Patrick Depailler se seswieler het derde geëindig. Aanvanklik het Lauda aangekondig dat dit die grootste oorwinning van sy loopbaan was, maar toe hy op die podium van Pryce se dood verneem, het hy gesê dat "daar geen vreugde daarna was nie".
Renuitslag Pos No Bestuurder Span Rondtes Tyd?Rede Rooster Punte 1 11 Niki Lauda Ferrari 78 1:42:21.6 3 9 2 20 Jody Scheckter Wolf-Ford 78 +5.2 5 6 3 4 Patrick Depailler Tyrrell-Ford 78 +5.7 4 4 4 1 James Hunt McLaren-Ford 78 +9.5 1 3 5 2 Jochen Mass McLaren-Ford 78 +19.9 13 2 6 7 John Watson Brabham-Alfa Romeo 78 +20.2 11 1 7 19 Vittorio Brambilla Surtees-Ford 78 +23.6 14 8 12 Carlos Reutemann Ferrari 78 +26.7 8 9 22 Clay Regazzoni Ensign-Ford 78 +46.2 16 10 28 Emerson Fittipaldi Fittipaldi-Ford 78 +1:11.7 9 10 28 Emerson Fittipaldi Fittipaldi-Ford 78 +1:11.7 9 11 18 Hans Binder Surtees-Ford 77 +1 rondte 19 12 6 Gunnar Nilsson Lotus-Ford 77 +1 rondte 10 13 8 Carlos Pace Brabham-Alfa Romeo 76 +2 rondtes 2 14 30 Brett Lunger March-Ford 76 +2 rondtes 23 15 14 Larry Perkins BRM 73 +5 rondtes 22 NF 9 Alex Ribeiro March-Ford 66 Enjin 17 NF 10 Hans Joachim Stuck March-Ford 55 Enjin 18 NF 5 Mario Andretti Lotus-Ford 43 Ongeluk 6 NF 33 Boy Hayje March-Ford 33 Ratkas 21 NF 26 Jacques Laffite Ligier-Matra 22 Ongeluk 12 NF 16 Tom Pryce Shadow-Ford 22 Noodlottige ongeluk 15 NF 17 Renzo Zorzi Shadow-Ford 21 Brandstoflek 20 NF 3 Ronnie Peterson Tyrrell-Ford 5 Brandstofstelsel 7
Statistiek Voorste wegspringplekJames HuntMcLaren-Ford1:15.96Vinnigste rondteJohn Watson Brabham-Alfa Romeo1:17.63
Verwysings
Kategorie:Sport in Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse Grand Prix Kategorie:Sport in 1977