duimnael|regs|Henriëtte Loubser aan die woord tydens die viering van Huisgenoot se 100ste jaargang op 20 Mei 2016.
Henriëtte Loubser (gebore Anderson, 24 Desember 1966 in Bloemfontein, Suid-Afrika) was redakteur van Huisgenoot tot 31 Mei 2017, waarna sy van 1 Junie 2017 af redakteur van Netwerk24 geword het.
Agtergrond Sy matrikuleer aan die Hoërskool Jim Fouché en studeer kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna behaal sy 'n honneursgraad in kommunikasiekunde deur Unisa.
Sy was onder meer nuus- en assistentredakteur van Huisgenoot, senior assistentredakteur van Sarie en adjunkredakteur van Die Burger voordat sy in 2012 as redakteur van Huisgenoot aangestel is.
Verwysings
Eksterne skakels
Who's Who
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste