Edward Higgins "Ed" White (* 14 November 1930 – † 27 Januarie 1967; Lt-kol.) was 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, offisier in die Amerikaanse Lugmag, toetsvlieënier en NASA-ruimtevaarder. Op 3 Junie 1965 word hy die eerste Amerikaner wat in die ruimte wandel tydens die Gemini 4 sending. Hy sterf saam met ruimtevaarders Gus Grissom en Roger B. Chaffee gedurende toetswerk voor die eerste bemande Apollo-missie. Die NASA Distinguished Service Medal was aan hom toegeken vir sy vlug in Gemini 4 en die Congressional Space Medal of Honor was posthumus aan hom toegeken. Hy was deel van die Ruimtevaardergroep 2-inname.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 1967