Jo (Johanna) van Eeden (gebore op 5 April 1973 in Pretoria) beklee sedert 1 April 2016 die pos van hoofredakteur van Netwerk24, Beeld, Die Burger en Volksblad.
Van Eeden het in 1990 aan die Hoërskool Hercules in Pretoria gematrikuleer. In 2012 is sy aangestel as redakteur van Volksblad en in 2014 is sy aangewys as Suid-Afrika se Niemangenoot,Redakteur kry gesogte studiebeurs, Die Burger, 2014-05-2 waarna sy ’n jaar lank aan Harvard-universiteit studeer het. In September 2015 is sy as hoofredakteur van Media24 se Afrikaanse dagblaaie aangestel en in 2016 as hoofredakteur van Netwerk24; sy het Adriaan Basson opgevolg, wat die nuwe redakteur van News24 geword het.
Verwysings
Eksterne skakels Who's Who Southern Africa: Johanna van Eeden
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense