James Alton "Jim" McDivitt (10 Junie 1929 - 23 Oktober 2022) was 'n voormalige Amerikaanse toetsvlieënier, Amerikaanse Lugmagvlieënier, lugvaartingenieur en NASA-ruimtevaarder wat in beide die Gemini- en Apollo-programme gevlieg het. Hy was in beheer van Gemini 4 toe Edward White die eerste Amerikaner geword het om in die ruimte te wandel. Hy was ook die bevelvoerder van Apollo 9 – wat die eerste volledig bemande vlug was – en ook die eerste toetsvlug gedoen het met die Apollo-maanmodule.

Hy was later in beheer van die maanlandingoperasies en was ook die Apolloruimteprogrambestuurder van 1969 tot 1972.

Sien ook Ruimtevaardergroep 2

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Generaals Kategorie:Apollo-program Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2022