Sir Roger George Moore KBE ([mɔər]; * 14 Oktober 1927, † 23 Mei 2017) was 'n Engelse akteur. Gedurende sy loopbaan, wat oor sewe dekades gestrek het, het hy - naas rolle in televisiereekse soos The Saint (as Simon Templar, tussen 1962 en 1969) en The Persuaders - veral bekendheid verwerf as Britse geheime agent James Bond. Hy was die derde akteur ná Sean Connery en George Lazenby wat dié rol vertolk het. Tussen 1973 en 1985 het hy sewe keer as Bond op die silwerdoek verskyn.

Roger Moore het baie van sy tyd aan humanitêre werk gewy, onder meer as Unicef-ambassadeur (sedert 1991). Vir sy bydraes tot liefdadigheidsdienste is Moore in 2003 deur koningin Elizabeth II tot ridder geslaan. Tot sy afsterwe het Roger Moore in Crans-Montana in die Switserse kanton Valais/Wallis en in Monaco gebly nadat hy jare lank 'n chalet in Gstaad (kanton Bern) bewoon het. In Switserland het Moore verskeie kere opgetree in advertensieveldtogte vir groot Switserse ondernemings, waaronder SBB (Switserse Federale Spoorweë) en die lugredery Swiss.www.toponline.ch, 23 Mei 2017: Bond-Darsteller Roger Moore ist in der Schweiz gestorben. Besoek op 23 Mei 2017

Op 23 Mei 2017 het Roger Moore se kinders in hul amptelike Twitter-rekening bekend gemaak dat die akteur "ná 'n kort en dapper stryd teen kanker" in sy huis in Switserland oorlede is.The Guardian, 23 Mei 2017: Roger Moore – Saint, Persuader and the suavest James Bond – dies aged 89. Besoek op 23 Mei 2017The Washington Post, 23 Mei 2017: Roger Moore, suave actor who held James Bond role the longest, dies at 89. Besoek op 23 Mei 2017 Hy word oorleef deur sy vrou, Kristina Tholstrup, en drie kinders.

Verwysings

Belangrike werke deur Moore My Word is My Bond. Michael O’Mara Publications, 2008, Roger Moore as James Bond – Roger Moore’s Own Account of Filming LIVE AND LET DIE. Macmillan, 1973.

Bronnelys John Williams: The Films of Roger Moore. Barnden Castell Williams Limited, London 1974, . Paul Donovan: Roger Moore. Virgin Books, 1983, . Roy Moseley, Philip Masheter, Martin Masheter: Roger Moore: A Biography. New English Library, Sevenoaks 1985, . Gareth Owen, Oliver Bayan: Roger Moore – His Films and Career. Robert Hale, 2002, .

Eksterne skakels Peter Bradshaw: Roger Moore: a modest, self-deprecating James Bond who brought some serious aplomb. In: The Guardian, 23 Mei 2017

Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2017 Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu