Op 22 Mei 2017 ontplof 'n bom in die voorportaal van die 21 000-sitplek Manchester Arena in Manchester, Verenigde Koninkryk, nes Ariana Grande se konsert daar tot 'n einde kom. Die ontploffing het plaasgevind om 22:33 BST (UTC+01:00, d.i. 23:33 SAST) en het 23 mense om die lewe gebring en 116 beseer. Salman Ramadan Abedi was die 22-jarige man wat volgens berigte die aanval uitgevoer het deur gebruik te maak van 'n tuisgemaakte bom.
Die Islamitiese Staat het die slagting as 'n "aanval op Kruisvaarders" beskryf en het gewaarsku dat swaarder aanvalle teen "aanbidders van die Kruis" beplan word. Die aanval is die dodelikste terreurdaad in die Verenigde Koninkryk sedert Islamitiese terroriste bomme op Londense treine op 7 Julie 2005 laat afgaan het.
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Manchester Kategorie:Terrorisme Kategorie:Islam Kategorie:2017