Frank Frederick Borman (14 Maart 1928 – 7 November 2023; Kolonel) was 'n afgetrede vlieënier in die Amerikaanse Lugmag, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy het 'n 14-daguithourekord in die ruimte in Gemini 7 opgestel. Hy was bekend as die bevelvoerder van Apollo 8, die eerste missie wat om die Maan gevlieg het. Tesame met sy bemanning van Jim Lovell en William Anders was hulle die eerste van 24 mense wat om die Maan gevlieg het.
Hy was ook deel van die komitee wat die brand op Apollo 1 ondersoek het. Borman en sy twee bemanningslede is in 1968 as Time se Persone van die Jaar aangewys ter erkenning vir hulle harde werk.
Nadat hy Nasa verlaat het word hy die hoof- uitvoerende beampte van Eastern Air Lines, 'n pos wat hy beklee het van 1975 tot 1986. Hy het die Congressional Space Medal of Honor ontvang.
Hy was ook deel van die span wat die Mosambiekse vliegtuigongeluk, waarin president Samora Machel gesterf het, ondersoek het.
Sien ook Ruimtevaardergroep 2
Bronnelys
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Apollo-program Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2023