Philip Alfred Mickelson (gebore 16 Junie 1970), met die bynaam Lefty, is 'n Amerikaanse professionele gholfspeler. Hy het reeds 44 toernooie op die PGA-toer gewen, insluitend vyf groot kampioenskappe: drie Meesterstitels (2004, 2006, 2010), 'n PGA-kampioenskap (2005), en 'n Opekampioenskap (2013).

Mickelson is een van 12 gholfspelers in die geskiedenis van die sport om ten minste drie van die vier majors te wen. Hy het elke grote behalwe die VS-Ope, gewen, waar hy 'n rekord ses keer die naaswenner was.

Mickelson was vir meer as 700 weke in die top-10 van die Amptelike Gholfwêreldranglys, met 'n loopbaan-hoogste van tweede op die wêreldranglys (reeds 'n paar keer) en is 'n lewenslange lid van die PGA-Toer. Mickelson is bekend vir sy linkshandige swaai, selfs al is hy andersins regshandig. Hy is in Mei 2012 ingelyf in die "World Golf Hall of Fame".

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse gholfspelers Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense