Quade Santini Cooper (gebore 5 April 1988) is 'n professionele rugbyspeler en aan-en-af bokser. Hoewel hy 'n Nieu-Seelandse burger is, verteenwoordig hy Australië in internasionale rugby. Hy het tydens die Rugbywêreldbeker 2011 en Rugbywêreldbeker 2015 vir Australië uitgedraf. Hy speel tans vir die Queensland Reds in die Superrugbykompetisie in Australië. Sy voorkeurposisie is losskakel.
2016 duimnael|links|Cooper speel vir Brisbane City in die Nasionale Rugbykampioenskap Daar is bevestig dat Cooper by die Australiese sewes sou aansluit vir die 2016 Olimpiese Spele, beginnende met die Sydney-been van die IRB Sewes. Cooper het sy eerste drie vir die Australiese sewesspan op 6 Maart 2016 gedruk tydens die span se 36-7 oorwinning teen Engeland.
Boks In November 2012 het Cooper aangekondig dat hy sou boks in die voorgeveg van vriend Sonny Bill Williams se geveg op 8 Februarie 2013. Hy het as 'n kruisergewig teen Muay Thai veteraan Barry Dunnett geboks, en wen in die eerste ronde met 'n uitklophou.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Australiese rugbyspelers Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Boksers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense