Ross Geldenhuys (gebore 19 April 1983, Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Sy gereelde posisie is op stut en hy speel tans vir die Kings in Superrugby.
In 2013 het hy die OP Kings in die Curriebeker verteenwoordig. Hy was aanvanklik vir die Kings gekies vir die 2013 Superrugbyseisoen, maar is later vrygestel aan die 2013 Vodacombekerspan.
Hy het vir 'n tyd lank in Nieu-Seeland gewoon, waar hy ITM-bekerrugby vir Tasman gespeel het en gekontrakteer was vir die Highlanders vir die 2015 Superrugbyseisoen.
Verwysings
Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Kings rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners