Cri-Zelda Brits (gebore 20 November 1983) is 'n Suid-Afrikaanse voormalige krieketspeler, 'n regshandige kolwer en regterarm-mediumvinnige bouler. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2005, 2009 en 2013, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009 en 2010 vir Suid-Afrika gespeel.
Brits is in 2002 oorspronklik as 'n openingsbouler vir die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan gekies. Sy het ontwikkel in 'n veelsydige speler en sedert 2005 is sy 'n spesialiskolwer. Sy was in 2007 en 2008 die Suid-Afrikaanse vrouekaptein in 23 wedstryde, maar sy is in 2009 vervang as kaptein ten einde "geheel en al op haar eie prestasie te konsentreer." Sy is heraangestel as kaptein vir die 2010 T20I-vrouewêreldbeker 2010. Tussen 2007 en 2011 was sy 36 keer kaptein van Suid-Afrika (1 Toets, 23 kitskrieket en 12 T20I-wedstryde.
Sy is een van Suid-Afrika se mees produktiewe vrouekolwers; en die eerste Suid-Afrikaanse vrou om 'n vyftigtal in 'n T20I-wedstryd aan te teken. Sy is een van slegs ses vroue om 'n honderdtal vir Suid-Afrika in 'n EDI-wedstryd aan te teken. Sy was die voorste Suid-Afrikaanse lopiemaker in EDI met 1622 lopies.
Verwysings
Eksterne skakels Cri-Zelda Brits by ESPNcricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners