Lukhanyo Am (* 28 November 1993, King William’s Town) is ’n rugbyspeler wat vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die in die Verenigde Rugbykampioenskap op senter speel.

Springbok Op 2 Desember 2017 het Am sy debuut vir die Springbokke in 'n toets teen Wallis in Cardiff gemaak, op die ouderdom van 24 jaar. Hy was ook 'n lid van Suid-Afrika se wenspan tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023.

Gwijo-ritueel As Am, Siya Kolisi en Makazole Mapimpi saam vir die Springbokke uitdraf, begin hulle dié taak met 'n ritueel: Hulle sing 'n tradisionele Gwijo-liedjie saam in hul moedertaal Xhosa.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Lewende mense