Makazole Mapimpi (gebore 26 Julie 1990 in Mdantsane, Suid-Afrika) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat tans op vleuel speel vir die in Superrugby en die Sharks XV in die plaaslike Rugby-uitdaagreeks. SARU Spelerprofiel – Makazole Mapimpi URL besoek op 7 Maart 2018

Loopbaan Jeug Mapimpi was in 2009 ’n lid van die Grens o/19-span wat aan die 2009 onder-19 Provinsiale kampioenskap deelgeneem het.

Grens Bulldogs Hy was een van verskeie amateurklubspelers in die Grens Bulldogs se provinsiale spangroep aan die begin van 2014 toe die professionele span bankrot verklaar is. Hy is toe ingesluit in hul span vir die 2014 Vodacombeker-kompetisie en het sy debuut gemaak in hul eerste wedstryd teen die Natal Haaie. Grens verloor die wedstryd 24-46, maar Mapimpi open sy eersteklasdebuut met 'n drie kort na halftyd.Grens Bulldogs 24-46 Cell C Sharks XV URL besoek op 7 Maart 2017 Hy het ook begin in hul 6-60 nederlaag teen hul Oos-Kaapse teenstanders, die OP Kings Oostelike Provinsie Kings 60-6 Grens Bulldogs URL besoek op 7 Maart 2017 en hul volgende wedstryd teen 'n Keniaanse uitnodigingspan, die Tusker Simba XV, en druk Grens Bulldogs se tweede drie in die wedstryd om aan hulle 'n 18-17 oorwinning te besorg, hul enigste van die kompetisie. Grens Bulldogs 18-17 Tusker Simba XV URL besoek op 7 Maart 2017

Springbokloopbaan Mapimpi maak sy toetsdebuut vir die Springbokke op 2 Junie 2018 teen Wallis in Washington, D.C. op die ouderdom van 27 jaar. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2019, waar hy ses drieë gedruk het, waaronder twee in die kwarteindstryd en een in die eindstryd teen Engeland. Mapimpi is die eerste speler in die geskiedenis van die Springbokke wat 'n drie kon druk in 'n Rugbywêreldbeker-eindstryd. Hy was ook 'n lid van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2023.

Gwijo-ritueel As Mapimpi, Siya Kolisi en Lukhanyo Am saam vir die Springbokke uitdraf, begin hulle dié taak met 'n ritueel: Hulle sing 'n tradisionele Gwijo-liedjie saam in hul moedertaal Xhosa.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Kings rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers