Die Britse en Amerikaanse maateenhede kom van dieselfde oorsprong, naamlik die Engelse maateenhede van voor-1824. Toe Skotland en Engeland in 1707 met mekaar verbind is, moes die Skotte die Engelse maateenheidstelsel aanvaar. In 1776, toe die Verenigde State onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verklaar het, het hulle die Engelse maateenheidstelsel geërf. In 1824 is die Engelse maateenheidstelsel herstel en die herformde maateenheidstelsel word bekend as Imperial units. Aanvanklik het die Verenigde State van Amerika nie die Verenigde Koninkryk gevolg nie, met die gevolg dat die VSA-gelling en die imperiale gelling met sowat 20% verskil.
Toe die verskeie provinsies van Suid-Afrika nog Britse kolonies was, het hulle ook the Imperial System gebruik. Daar was enkele uitsonderings, waarvan die belangrikste was dat al die provinsies in die Unie van Suid-Afrika, afgesien van Natal, die morg en nie die akker as 'n eenheid van grondgebied gebruik het nie.
In 1965 begin die Verenigde Koninkryk 'n omskakeling na die metrieke stelsel, maar teen 2025 was die omskakeling nog nie voltooi nie, en het padtekens steeds afstande in myl en spoedbeperkings in myl per uur gegee.
Verhouding en waarde Die Britse maateenheidstelsel is ontwikkel uit die Romeinse maateenheidstelsel. Oor die eeue het die verhouding tussen die verskeie eenhede verander en hulle het ook van land tot land verander. Dus het Suid-Afrika ook die Kaapse maateenhede gebruik, veral in die dae van die VOC. Sekere eenhede is verouderd, en veral na die Britse hersiening van 1824 was die verhouding tussen die Britse en die Amerikaanse eenhede nie altyd dieselfde nie.
Die verhoudings in die tabelle hieronder toon die verhoudings soos hulle bestaan het toe die Britse oorskakeling na die metrieke stelsel begin is (1974).
Afkortings en simbole Al het verskeie Afrikaanse afkortings in vroeëre jare vir Britse maateenhede verskyn, was daar destyds geen verskil tussen simbole en afkortings nie. Met die eerste publikasie van die SI in 1960 is amptelike simbole vir SI-eenhede gepubliseer. Die verskil tussen 'n simbool en 'n afkorting is dat 'n simbool dieselfde in alle tale is, maar afkortings mag dalk nie so wees nie: kilometer word byvoorveeld in Italiaans as chiliometri vertaal, maar die simbool bly km. In teenstelling hiermee word myl per uur as mph in Engels afgekort, maar in Afrikaans is word dit as mpu afgekort. In teenstelling hiermee is die simbool vir kilometer per uur km/h in alle tale. Verskeie simbole vir die Britse en Amerikaanse eenhede verskyn in (lengte) en (massa).
In 1992 is hierdie publikasies hersien en is die Britse en Amerikaanse maateenhede as verouderd beskou. Teen die tyd wat die een-en-twintigste eeu aangebreek het, is daar 'n algehele hersiening van ISO 31 begin. Die standaard is herskryf en is as ISO 80000 gepubliseer. is deur vervang en deur .
Lengte en afstand Voor 1305 was die voet die basiseenheid van lengte in die Engelse stelsel, maar daarna word dit die jaart. Die basiseenheid van lengte in die Britse en Amerikaanse stelsels is die jaart (Engels: yard). duimnael|Openbare eksemplaar van die standaard jaart en sy onderafdelings by die Greenwich Observatory. Tydens die Anglo-Saksiese invalle van die eerste millenium neem die Engelse die Saksiese voet (ongeveer 335 mm) oor. Voor 1305 is hierdie voet vir landmeterdoeleindes gebruik. Tydens die Normandiese verowering neem die Engelse ook die Normandiese voet oor. Die Normandiese voet is korter as die Saksiese voet en word deur vakmanne, veral bouers en skrynwerkers, gebruik. In die wet van 1305, omskryf Edward I die Engelse voet wat omtrent gelyk is aan 'n Normandiese voet en ook omtrent gelyk is aan van 'n Anglo-Saksiese voet. As 'n gevolg bly die roede onveranderd, maar dit bestaan nou uit 16,5 Engelse voet in plaas van 15 Anglo-Saksiese voet. In 1959 is die Engelse voet beskryf as presies .
Die jaart (yard, wat anders is as die pace) verskyn vir die eerste keer in die Engelse reg in 1305. In 1897 is die jaart in die Verenigde State herdefineer deur die Mendenhall Order as meter terwyl die Britse amptelike voet as gemeet word. Hierdie twee waardes verskil met minder as maar hierdie verskil is in landsmeting belangrik. Uitendelik is daar in 1960 'n ooreenkoms tussen the VK, die VSA, Suid-Afrika en Australië bereik toe die "internasionale jaart" gestig is. Hierdie jaart is presies 0,9144 m. Hierdie nuwe definisie veroorsaak probleme in die VSA waar hulle twee verskillende treë en myle het - die "survey yard" en "survey mile" teenoor die "international yard" en die "international mile". Op 1 Januarie 20x23 is die survey foot en die survey mile afgekeur.
Die verhouding tussen die jaart, sy veelvoude en sy onderveelvoude word hieronder getoon.
Lengte en afstandEenheidDefinisieSimboolSI waardeTot 4 beduidende syfers.duimin2,54 mmvoetDie Kaapse voet is gelyk aan 1,033 Englese voet.12 duimft304,8 mmjaartDie Amerikaanse survey yard en international yard verskil met ongeveer .3 voetyd914,4 mmWetlike definisieketting22 treë20,12 mfurlong10 kettings 220 treëfur201,2 mmyl8 furlongs1760 jaartmi of m1609 m
Oppervlakte Die eenhede vierkantroede en die akker kom uit die middeleeue. Die Engelse woord "acre" kom van die Duitse woord "acker". In die middeleeuse tye is die akker nie 'n presiese landsmaat nie, maar eintlik 'n ekonomiese maat: in die Domesday Book van 1086 word 'n akker as die hoeveelheid land wat 'n man met een ploeg en een os in 'n dag kan ploeg bereken. Met die verloop van tyd word dit 'n landsmaat.
Met die ingang van die Mendenhall Order in 1897 kom daar 'n klein verskil tussen die Engelse jaart en die Amerikaanse jaart. In 1959 word albei die Amerikaanse jaart en die Engelse jaart herdefineer met die naam "International yard", maar hierdie herdefinisie behinder Amerikaanse landsmeting, dus behou hulle hul ou jaart met die naam "survey yard". Die verskil tussen die ou Amerikaanse jaart, die ou Engelse jaart en die huidige "international yard" is minder as . Daar was geen probleme met hierdie herdefinisie in die Verenigde Koningkryk, want hulle landmeting het alreeds die metriese stelsel gebruik. Ná 31 Desember 2022 is die Amerikaanse survey yard verouderd.
OppervlakteEenheidDefinisieSimboolSI-waardeTot 4 beduidende syfers.vierkante duimin26,452 cm2vierkante voet144 in2ft20,09290 m2vierkante jaartIn die VSA is beide die survey yard en die international yard gebruik. Hulle verskil met ongeveer .Ná 31 Desember 2022 word die survey yard en survey mile as verouderde maateenhede beskou.9 ft2yd20,8361 m2roedeDie Kaapse roede is gelyk aan 14,27 m2. yd2rd25,29 m2akkerIn sommige state van die VSA is die survey yard gebruik om 'n roede, akker, vierkante myl en township uit te meet en in ander state is die international yard gebruik.40 rd 4840 yd24046 m2vierkante myl640 akkermi22,590 km2townshipVSA36 mi2 Volume Tot die negentiende eeu is vaste stowwe soos koring en gars en vloeistowwe soos wyn, bier en melk in volume gemeet. Daar was verskillende maateenhede vir verskeie produkte, byvoorbeeld, vanaf die sestiende tot die agtiende eeue is verskillende maateenhede vir ale en beer gebruik. Wyn het sy eie gelling en graan sy eie gelling gehad.
Imperiale vloeibare maateenhede duimnael|upright|150px|Trekbier word nog steeds per pint in die Verenigde Koninkryk verkoop. Die imperiale maateenheidstelsel is in 1824 ingestel. Al is die waarde van die duim, die jaart, die pond en die ons nog steeds dieselfde, is die volumemaateenhede vereenvoudig. Al die verskeie gellings en hul onderdele is verwyder en is deur die nuwe imperiale gelling vervang. Die imperiale gelling is oorsponklik gedefinieer as "die volume van 10 pond (ongeveer ) water teen 'n temperatuur van 62 °F (17 °C)". Die imperiale gelling is in 20 vloeistofonse verdeel (nie 16 soos in die Amerikaanse gelling nie). Volume (Imperiale Vloeibare Maateenhede)EenheidDefinisieSimboolSI-waardeTot 4 beduidende syfers.VSA vergelyking1 vloeistofons (VK)fl oz28,41 mlgill (VK)gi142,1 mlpint (VK)4 gill 20 fl ozpt568.3 ml1,201 pt (VS)kwart (VK)2 ptqt1,137 L1,201 qt (VS)gelling (VK)4 qt 8 ptgal4,54609 LWetlikke definisiepeck2 galpk9,092 L2,402 gal (VS)boesel8 galbu38,37 L9,606 gal (VS) Amerikaanse vloeibare maateenhede Toe die Verenigde State hul onafhanklikheid in 1776 verklaar het, het hulle 'n seleksie van Engelse maateenhede gebruik. Nadat die VSA-kongres niks gedoen het in verband met maateenhede nie, kies die VS Departement van Finansies die Engelse wyngelling as die amptelik VS-gelling. Hierdie gellling bevat 'n volume van 231 kubieke duim en is in 1707 deur Koningin Anne ingestel. Dit word in 16 vloeistofonse verdeel.
Volume (Amerikaanse Vloeibare Maateenhede)EenheidDefinisieSimboolSI-waardeTot 4 beduidende syfers.VK vergelyking1 vloeistofons (VS)vl oz29,57 mlpint (VS)16 vl ozpt473,2 ml0,8327 pt (VK)kwart (VS)2 ptqt946,3 ml0,8327 qt (VK)gelling (VS)231 in3Wetlike definisie4 qt of 8 ptgal4.546 L Amerikaanse soliede maateenhede duimnael|250px|Gedurende die negentiende eeu hang die waarde van die boesel af van beide staat en kommoditeit. Die VSA se soliede maateenhede kom uit Engeland. Hoewel die definisies van die maateenhede by die Laerhuis gerus het, het hulle nie hul reg uitgeoefen nie. Die gevolg was 'n toename van maateenhede wat gewissel het tussen beide staatskommoditeite. In 1905 het die Nasionale Buro vir Standaarde (National Bureau for Standards) die Nasionale Konferensie oor Gewigte en Mates (National Conference on Weights and Measures) gestig om mate en gewigte to rasionaliseer.
Die huidige maateenhede van volume wat gebruik word, word hieronder gegee. Volume (Amerikaanse soliede maateenhede)EenheidDefinisieSimboolSI-waardeTot 4 beduidende syfers.pint33,6 in3pt550,6 mlkwart2 ptqt1,101 Lpeck8 qtpk8,810 Lboesel2150.423Wetlike definisie 4 pkbu35,24 L Massa Oor die eeue het die Engelse eenheidstelsel verskeie gewigstelsels. Gedurende die sewentiende eeu was daar 'n mate van standaardisering en drie gewigmaateenheidstelsels het na vore gekom. Al drie is op die grein gebaseer: die avoirdupois pond bevat 7000 grein en is in 16 avoirdupois-onse verdeel terwyl beide die trooispond en die aptekerspond 5760 grein bevat en in 12 onse gedeel is, maar die onderafdelings van die troois-ons en die aptekers-ons is verskillend. Na afloop van die probleme met die gelling in 1824, het die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State saamgewerk om harmonisering van ander maateenhede te verseker.
Avoirdupois-gewigte Die avoirdupois-gewigte is vir die meeste doeleindes gebruik. Die kleiner gewigte is dieselfde in albei die VS en die VK, maar met die groter gewigte is dit nie so nie. Die stone is in die VSA onbekend terwyl albei lande verskillende tonne gebruik.
Avoirdupois-gewig (Algemene gebruik)EenheidDefinisieSimboolSI-waardeTot 4 beduidende syfers.Greingr64,80 mgDragma grdr1,772 gOns16 dr oz28,35 gPond16 oz7000 grlb453,59237 gWetlike definisieStoneVK14 lbst6,350 kgQuarterVK28 lb12,70 kgKlein sentaarVKhundredweightVS100 lbcwtVS45,36 kgGroot sentaarVK112 lbcwtVK50,80 kgTonVSOok bekend in Suid-Afrika as die Kaapse ton2000 lb907,2 kgTonVK2240 lb1016 kg duimnael|150px|Die standaard trooispond. Dit is in 'n brand in 1834 vernietig. Die troois-gewigte is alleenlik vir die weeg van edelmetale gebruik, byvoorbeeld, die Krugerrand bevat een troois-ons goud (31,10 g) en nie 'n avoirdupois-ons goud (28,35 g) nie. Sedert 1879 is die gebruik van die trooispond vir handelsdoeleindes in die Verenigde Koningkryk verbode.
Trooisgewig (goud, silwer)EenheidDefinisieSimboolSI-waardeTot 4 beduidende syfers.1 greingr64,80 mgpenniegewig24 grdwt1,555 gtroois-ons20 dwtoz31,10nbsp;gtrooispond12 oz5760 greinlb373,2 g
Aptekersgewigte duimnael|150px|Apteker berei medisyne voor. Voor 1858 is die aptekersgewigstelsel vir medisynevoorbereiding in die Verenigde Koningkryk gebruik en is nog steeds af en toe in die Verenigde State te vinde.