Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Duits.
duimnael|links|Germania, nasionale personifikasie van Duitsland en die Duitsers. Skildery deur Philipp Veit in 1848 duimnael|links|Verspreiding van die Duitse diaspora Die Duitsers (Duits: Deutsche) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Sentraal-Europa wat 'n gemeenskaplike Duitse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Duits as moedertaal praat. Alternatiewelik is Duitsers diegene wat in Duitsland woon of in Duitsland gebore is. Volgens die grondwet van Duitsland is diegene wat oor die Duitse burgerskap beskik, 'n Duitser, ongeag van die etniese herkoms.
Duitsers vorm die titulêre nasie van Duitsland, waar hulle byna 93% van dié land se bevolking vorm en nog klein erkende minderhede soos Dene, Friese, Roma en Sorbe leef. Behalwe Duitsland kom Duitse minderhede nog in Europese lande soos België (Duitstalige Gemeenskap), Denemarke (Noord-Sleeswyk), Frankryk (Elsas en Lotaringe), Italië (Suid-Tirool), Kasakstan, Nederland, Pole (Silesië), Rusland (Ruslandduitsers) en Tsjeggië (Sudete) voor.
Nie alle mense wat Duits as moedertaal praat, beskou hulself as Duitsers nie. Byvoorbeeld het die Duitstalige bevolking in Liechtenstein, Luxemburg, Oostenryk en Switserland oor die eeue heen hul eie nasionale selfidentifikasie ontwikkel en beskou hulself nie as Duitsers nie, maar as Oostenrykers, Switsers, ens.
Wêreldwyd is daar tussen 100 en 150 miljoen Duitsers, waarvan omtrent die helfde in Duitsland woonagtig is. Daarbenewens het sowat 'n miljoen Duitsers hul in Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Argentinië, Brasilië, Kanada, die Verenigde State en Australië gevestig. Die aantal hang af van die definisie van die term Duitsers en die mense se selfidentifikasie.
Tydens die tydperk van die Duitse Keiserryk het sommige Duitsers hulle in gebiede van die Duitse koloniale ryk gevestig, veral in Duits-Suidwes-Afrika, waar in die huidige Namibië nog sowat 30 000 mense van Duitse afkoms woon. In Suid-Afrika is omtrent 1,2 miljoen mense van Duitse afkoms, veral die Afrikaners wat naas Nederlandse ook van Duitse, Engelse en Hugenote afkomstig is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Argentinië Kategorie:Etniese groepe in Australië Kategorie:Etniese groepe in Brasilië Kategorie:Etniese groepe in Duitsland Kategorie:Etniese groepe in Frankryk Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Germane