Torium is 'n radioaktiewe chemiese element met simbool Th
Vervaardiging duimnael|links|Verval van torium-232 Torium is 'n sterk elektropositiewe element en dit maak dit moeilik om die metaal te vervaardig. Toriumoksied kan met kalsium gereduseer word en of kan gereduseer word met Ca, Mg of Na-metaal. 'n Ander pad is die elektrolise van gesmelte soute. Torium het 'n hoë smeltpunt (1750 °C) en die gesmelte metaal is baie reaktief. Fyn verdeelde toriumstof is pirofories en die vars oppervlak van 'n stuk metaal word vinnig dof.The Radiochemistry of Thorium,National research council., National Academies, 1960
Chemiese eienskappe Torium vorm verbindings in sy +4 oksidasietoestand soos (toria), ,, en . Toria is in die vroeë 20ste eeu dikwels gebruik in gloeikousies. As 'n toriumsout soos die nitraat met 1% seriumoplossing gemeng word en daarmee 'n manteltjie van fyn weefstof, soos kunssy, geïmpregneer word, vorm dit by verhitting 'n vuurvaste materiaal dat sterk lig uitstraal as dit deur 'n gas- of olievlam verhit word. Dit is as ligbron gebruik.
Radioaktiwiteit Torium bestaan amper uit net een isotoop torium-232 (99,98%). Dit is radioaktief en vorm deur alfaverval radium-228. Die halfleeftyd is egter baie lank: 14,05 miljard jaar en die element self is dus min aktief. Die dogterisotope het egter 'n baie korter halfleeftyd en die eindproduk is lood-208.
Kernkrag Torium kan nes uraan gebruik word om kernkrag op te wek, maar dit is moeiliker om dit vir die vervaardiging van wapens te gebruik en die ontwikling van hierdie kragbron het min aandag gekry. Sedert 2004 was Kalpakkam die enigste plek waar 'n toriumproefreaktor in aanbou was. In 2017 het Nederland in Petten 'n toriumreaktor in bedryf gestel. Torium word eers aan neutrone met 'n hoë energie blootgestel; dit vorm U-233 wat nes die gebruiklike U-235 kan splyt. New Scientist 2017
Verwysings
Eksterne skakels
webelements.com Torium
Kategorie:Chemiese elemente