Gebeure Romeinse Ryk Die triumvir Marcus Antonius trek opnuut na die Araxes en sluit 'n ooreenkoms met die koning van die Mediërs wat 'n groot deel van Armenia aan die Mediërs gee. Hy laat Romeinse soldate agter en gaan na Egipte terug. Phraates IV verslaan die Mediërs en neem die Romeinse garnisoene gevange. Die Partiër is sterker as voorheen.A History Of Persia, , Routledge, 2013, , Tiridates kom in opstand teen Phraates wat hom dwing om uit te wyk na die nomade van Sentraal Asië. Die ander triumvir Octavianus sluit sy verowering van Dalmatia en Pannonia tot die Donou suksesvol af. Sy suksesse oorskadu die slegte resultate wat Marcus Antonius teen die Parte behaal het.Between Republic and Empire: Interpretations of Augustus and His Principate, Classical studies. Ancient history, , University of California Press, 1993, , 31 Desember – Amptelik is dit die einde van die vyfjarige termyn van die triumviri.

Sjina Chengdi (漢成帝) word keiser (Westelike Han) Chang'an 26 BCE: An Augustan Age in China A Samuel and Althea Stroum book , University of Washington Press, 2015, ,

Sterftes Tiberius Claudius Nero – keiser Tiberius se vader.AD 33: The Year That Changed The World, The History Press, 2013, ,

Verwysings