Die Oekraïense Nasionale Unie (afkorting: ONU, Oekraïens: Український Національний Союз) is 'n verregse bevrydingsorganisasie en politieke party in Oekraïne. Dit omvat ’n breë spektrum van politieke en meneseregte-organisasies, nasionalistiese en fascistiese groepe, asook individue. Daar is ook kleiner ONU-groepe in ander lande. Die beweging is op 19 Desember 2009 in Charkif gestig. Die leier is Vitaly Krivosheev.http://www.objectiv.tv/230114/92352.html
Geskiedenis Die Oekraïense Nasionale Unie is in 2009 deur Oleg Goltvyansky gestig. Radikale aktiwiteite lei tot sy inhegtenisname op 25 Mei 2012. Op 15 Julie 2012 is Vitaly Krivosheev tot die nuwe leier verkies. Op 27 April 2013 het hy die stigting van die politieke party aangekondig.http://minprom.ua/news/122301.htmlhttp://glavnoe.ua/news/n135622
Verkiesings In 2015 het die party 5,88% van die stemme gekry en daarmee 2 van die 34 setels in die munisipaliteit Lyubotin se raad (naby Charkiv).
Ideologie Die amptelike ideologie van die party is nasionalisme en patriotisme. Die Oekraïense Nasionale Unie verkondig die skepping van ’n ryk wat deur Oekraïne oorheers word en wat die hele Europa en Asië insluit. Dit is sterk gekant teen die Rusland se buitelandse beleid.http://www.057.ua/news/415964https://www.youtube.com/watch?v=x4vYfP-X_ik
Bekende lede van die ONU Oleg Goltvyansky Vitaly Krivosheev Zorian Dobrovolsky
Sien ook Oekraïne Patriotisme
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Politieke organisasies Kategorie:Politieke partye in Oekraïne