Tallium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Tl en atoomgetal 81. Tallium is genoem ná die Griekse thallos wat "groen skiet/takkie" beteken. Tallium is in 1861 deur William Crookes ontdek. Nes die soortgelyke lood is die sagte, grys metaal uiters giftig.

Produksie duimnael|links|Gekorrodeerde tallium-staaf duimnael|links|Kristalle van hutchinsoniet (TlPbAs5S9) Tallium is nie seldsaam nie. Dit kom met ongeveer 0,4 dpm in die aardkors voor en word veral as byproduk van die ontginning van sinksulfied (sinkblende) verkry wat as grondstof vir swaelsuurproduksie gebruik word. Die fyn stof bevat of , maar partykeer ook kadmium, telluur, seleen, indium en germanium. Die talliumverbindings kan opgelos en gesuiwer word. Uit die gesuiwerde produk word talliummetaal deur elektrolise vrygestel. Daar is ook minerale wat tallium bevat soos crookesiet en lorandiet .Chemistry of Aluminium, Gallium, Indium and Thallium, , Springer Science & Business Media, 1993, ,

Gebruik Tallium word in glase met 'n lae smeltpunt (125–150 °C) en in bepaalde allooie gebruik. 'n Legering met lood is goed bestand teen sure. 'n Allooi met kwik het 'n smeltpunt van -60 °C en word in die poolgebiede in termometers en ander instrumente gebruik.

'n Ander toepassing is in talliumhoudende keramiese supergeleiers. Byvoorbeeld het 'n kritieke temperatuur vir supergeleiding by 125 K.

Ione Tallium kan en -ione vorm, maar die 1+ ioon is belangriker en die 3+-ioon is 'n sterk oksidant. Tallium vorm ook komplekse anione soos met 'n gevulde dodekaedriese struktuur in verbindings met die alkalimetale soos .The Group 13 Metals Aluminium, Gallium, Indium and Thallium: Chemical Patterns and Peculiarities, , John Wiley & Sons, 2011, ,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chemiese elemente