Osmium is 'n chemiese element met simbool Os. Dit is saam met iridium die stof wat die hoogste digtheid besit. Chemiese eienskappe Osmium is 'n metaal. Indien dit aan die lug blootgestel word kan dit 'n osmium(VIII)oksied vorm.

Hierdie oksied is taamlik vlugtig en daardeur het die metaal 'n sterke reuk. Die oksied is toksies en gevaarlik omdat dit die oë kan aantas.

'n Poeier van die metaal vorm die tetroksied reeds by kamertemperatuur, 'n blok bly tot ongeveer 400 C onaangetas. Die metaal reageer ook met fluoor of chloor bo 100 C, maar dit reageer nie met sure of met koningswater nie.

Osmium vorm die oplosbare kaliumosmaat wanneer dit met 'n mengsel van kaliumhidroksied en kaliumnitraat saamgesmelt word. Rutenium reageer op dieselfde manier, maar iridium bly onaangetas. Dit word gebruik om Os en Ir te skei by die behandeling van fynverdeelde osmiridium.

Vir die vervaardiging van osmiumverbindings word dikwels uitgegaan van die tetroksied wat by kamertemperatuur in KOH opgelos word, wat die perosmaat vrystel wat met alkohol gereduseer kan word tot kaliumosmaat .

Osmium word in 9 oksidasietoestande aangetref, soos in hierdie voorbeelde:The Chemistry of Ruthenium, Rhodium, Palladium, Osmium, Iridium and Platinum: Pergamon Texts in Inorganic Chemistry, Volume 25, , Elsevier, 2017, ,

Oksidasietoestand Spesie -2 0 +1 +2 +3 +4 +5 +6 +7 +8

Sien ook :Kategorie:Verbindings van osmium

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chemiese elemente