Die harlekyngoudvissie (Pseudanthias connelli) is 'n vis wat endemies aan die kus van KwaZulu-Natal is. In Engels staan die vis bekend as die Harlequin goldie.

Identifikasie Die vis word tot 11 cm lank. Die mannetjie is opmerklik; die voorste helfte van die lyf is bruin-swart aan die bokant en wit aan die onderkant terwyl die agterkant blouerig-pers is. 'n Wit horisontale lyn skei die donker en ligte gedeeltes. Die wyfies se kleur is meer eenvoudig, die lyf is oranjebruin en die onderkant is ligter. Die stertvin se punte is gerond en is ook oranjebruin.

Die vis word min gesien op riwwe maar is opgeteken op die Aliwal-bank, die Durbangebied en ook in skeepswrakke. Hulle leef in water wat 25 m of dieper is en vreet soöplankton.

Die vis is eers in 1986 deur Dr. Alan Connell ontdek.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel Pseudanthias connelli by FishBase.

Kategorie:Beenvisse