Die Joroeba (Joroeba: Àwọn Ọmọ Yorùbá, letterlik: "Joroeba-volk") is 'n etniese groep inheems aan Suidwes-Nigerië, Benin en Togo wat suidwes van die Nigerrivier leef. Die etniese groep omvat sowat 43 miljoen mense en hulle praat Joroeba as moedertaal en Engels of Frans as tweede taal. Dit is saam met die Hausa en die Igbo een van die grootste etniese groepe in beide Nigerië en Wes-Afrika.
duimnael|links|Ligging van die Joroebaland in Nigerië, Togo en Benin duimnael|links|Verspreiding van die Joroeba in Nigerië en Benin Die kultuur van die Joroeba is kenmerkend vir die vroeë stigting van stede. Reeds in die Middeleeue het die grootste stede 'n bevolking van omtrent 100 000 gehad. Die nedersettingsgebied vorm nog vandag die digbevolkte kerngebied van Nigerië, waar hulle 21% van dié land se bevolking uitmaak. 22 van Nigerië se 50 grootste stede is daar geleë.
Die Joroeba-diaspora bestaan uit twee hoofgroeperings, een van hulle sluit relatief onlangse immigrante in, waarvan die meeste na groot ekonomiese veranderinge in die 1970's in die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk gevestig het; die ander is 'n veel ouer bevolking wat terug dateer tot die Atlantiese slawehandel. Hierdie ouer gemeenskap het takke in lande soos Kuba, St. Lucia, Brasilië, Grenada en Trinidad en Tobago.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Benin Kategorie:Etniese groepe in Ghana Kategorie:Etniese groepe in Ivoorkus Kategorie:Etniese groepe in Nigerië Kategorie:Etniese groepe in Togo Kategorie:Inheemse volke van Afrika