Hierdie artikel handel oor die Venesiese rolprentprys. Vir ’n artikel oor die Suid-Afrikaanse rugbyspan, sien Goue Leeus.
Die Goue Leeu (Italiaans: Leone d'Oro) is die hoogste prys wat op die Venesiese Rolprentfees aan ’n rolprent toegeken kan word.
Geskiedenis Dit is in 1949 ingestel en word nou beskou as een van die rolprentbedryf se grootste pryse. In 1970 is ’n tweede Goue Leeu ingestel: ’n eerbewys vir mense wat ’n besonderse bydrae tot die bedryf gemaak het. Die prys verteenwoordig die goue leeu op die vlag van die Venesiese Republiek.
Voorheen was die rolprentfees se hoogste prys die Groot Internasionale Prys van Venesië (Gran Premio Internazionale di Venezia); dit is in 1947 en 1948 toegeken. Voor 1942 was die hoogste prys die Mussolini-beker vir die beste Italiaanse en buitelandse rolprent.
Sien ook Goue Beer, die hoogste prys wat by die Berlinale toegeken word. Palme d'Or, die hoogste prys wat by die Cannes-rolprentfees toegeken word.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste: www.labiennale.org
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Rolprentpryse Kategorie:Venesië Kategorie:Kultuur in Italië