Boutros Boutros-Ghali (Arabies: بطرس بطرس غالي Buṭrus Buṭrus Ghālī , Egiptiese Arabies: [ˈbotɾos ˈɣæːli]; 1922–2016) was 'n Egiptiese politikus en van 1992 tot 1996 die sekretaris-generaal van Verenigde Nasies. Hy is veral gekritiseer omdat die VN nie by nie burgeroorlog en volksmoord in Rwanda ingegryp het nie. Van 1997 tot 2002 was hy die sekretaris-generaal van La Francophone, ’n internasionale organisasie vir Franssprekende lande.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop duimnael|links|upright|Boutros Boutros-Ghali in Davos, 1995 Boutros-Ghali is op 14 November 1922 in Egipte uit 'n ryk Kopties-Christelik geslag gebore. Sy grootvader was eerste minister van Egipte in 1910. Hy het vir die regerings van Anwar Sadat en Hosni Mubarak gewerk en het in 1977 Sadat na Jerusalem vergesel. Hy speel 'n belangrike rol in die Camp David-akkoorde se totstandkoming. Onder Mubarak werk hy om Egipte opnuut 'n rol te gee in die Organisasie vir Afrika-eenheid, die Beweging van Onverbonde Lande en die Organisasie van Islamitiese Samewerking.

In 1996 word hy Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies. Die Koue Oorlog is verby en hierdie organisasie soek na sy nuwe rol in die wêreld. Hy is die eerste sekretaris-generaal van 'n land in Afrika en van die Arabiese wêreld. Hy probeer die groot probleme in Somalië aan te pak, veral die hongersnood die daar uitbreek, maar die resultate is nie bevredigend nie. Ook die situasies in Bosnië en Rwanda kan hy nie ontlont nie.

Hy poog ook die organisasie van die VN te hervorm. Hy ontslaan mense of verlaag hulle posisie op 'n manier wat hom die bynaam 'die farao' verleen.

Die Verenigde State is skepties oor hom en weier meer as $1 miljard (VS$) in agterstallige bydrae te betaal. In 1996 wil 10 lede van die Veiligheidsraad hom vir 'n tweede termyn voordra, maar Amerika spreek sy veto uit en hy word deur Kofi Annan vervang.

Hy sterf in die Al Salaam hospitaal in Kaïro op Dinsdag, 16 Februarie 2016. Hy was 93 jaar oud.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Egiptiese politici Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Sekretarisse-generaal van die Verenigde Nasies Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 2016