John Joseph Travolta (gebore op 18 Februarie 1954) is ’n Amerikaanse akteur, danser en sanger.
Loopbaan Hy het in die 1970's bekend geraak nadat hy in die televisiereeks Welcome Back, Kotter (1975–1979) verskyn en in die lokettreffers Saturday Night Fever (1977) en Grease (1978) gespeel het. Sy loopbaan het in die 1980's ’n agteruitgang beleef, maar hy het in die 1990's ’n terugkeer gemaak in Pulp Fiction (1994) en Face/Off (1997). Hy was sedertdien ook in Swordfish (2001), Wild Hogs en Hairspray (albei 2007).
Travolta is vir ’n Oscar vir beste akteur benoem vir Saturday Night Fever en Pulp Fiction. Hy het die Golden Globe gewen vir sy spel in Get Shorty. In 2014 het hy die IIFA-prys vir uitnemende prestasie in die internasionale rolprentwese ontvang.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste: www.travolta.com
Kategorie:Geboortes in 1954 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse vlieëniers