Gebeure Mei- Die Slag van Kessel – Julius Caesar wis die Tencteri en die Usipetes in die gebied van die Maas en die Waal uit. Caesar bou 'n brug oor die Ryn en val Germanië binne om die Suebi se oorlogsvermoë te verminder. Hy plunder agtien dae lank dorpe en vernietig hul oeste. Toe trek hy terug oor die brug en vernietig dit.Roman Britain: A New History 55BC – AD 450, , Amberley Publishing Limited, 2012, , Hoewel dit laat in die somer is, vertrek Caesar na die gebied van Portus Itius (moontlik Boulogne) en berei hom voor om Britannia in te val. Hy het tagtig skepe vir sy twee legioene en nog agtien vir sy ruitery. Die inval in Britannia verloop nie baie suksesvol nie. Getye en storms eis hulle tol en die teenstand is aansienlik. Hy keer eerder terug na Gallië.
Geboortes Tibullus – ’n Latynse digter en skrywer van treurdigte († 19 v.C.)
Sterftes
Verwysings