Die Hausa (Hausa: Hausawa, letterlik: "Hausa-volk") is 'n etniese groep inheems aan Noord-Nigerië en Suid-Niger wat noord van beide die Niger- en Benueriviere leef. Die etniese groep omvat sowat 40 miljoen mense en hulle praat Hausa as moedertaal en Arabies, Engels, Frans of Fula as tweede taal. Dit is saam met die Igbo en die Joroeba een van die grootste etniese groepe in beide Nigerië en Wes-Afrika.

duimnael|links|Vlag van die Hausa duimnael|links|Verspreiding van die Hausa in Suid-Niger en Noord-Nigerië Die Hausa vorm 'n diverse, maar kultureel homogene etniese groep wat hoofsaaklik in die streke van die Sahel en die Soedan voorkom. Behalwe Niger en Nigerië leef Hausa ook in lande soos Benin, Ghana, Ivoorkus, Kameroen, Soedan, Tsjad en Togo. Groot stede met 'n belangrike Hausa-bevolking sluit in Lagos, Port Harcourt, Accra, Abidjan, Banjul en Cotonou.

Die Hausa is 'n hoofsaaklik Islamitiese volk en beoefen tradisioneel handel en die makmaak van beeste. Hulle het oor eeue heen 'n belangrike rol in die Trans-Sahara-handel gespeel en langs tradisionele handelsroete gevestig. Tans speel die Hausa 'n belangrike rol in die politiek en kultuur van beide Niger en Nigerië. Veral in Niger is sommige presidente en premiers van Hausa-afkoms, waar hulle ook omtrent die helfde van dié land se bevolking vorm.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Benin Kategorie:Etniese groepe in Ghana Kategorie:Etniese groepe in Ivoorkus Kategorie:Etniese groepe in Kameroen Kategorie:Etniese groepe in Niger Kategorie:Etniese groepe in Nigerië Kategorie:Etniese groepe in Soedan Kategorie:Etniese groepe in Togo Kategorie:Etniese groepe in Tsjad Kategorie:Inheemse volke van Afrika