Die silwerstreep-goudvissie (Pseudanthias cooperi) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Silver-streak goldie.
Identifikasie Die vis word tot 10 cm lank. Die mannetjie het 'n rooi kop, stert en dorsale vin terwyl die lyf pienkerig en wit aan die penskant is. Die wyfie se lyf is rooibruin aan die bokant, die sye is bruinerig en wit aan die penskant.
Die vis vreet soöplankton.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Pseudanthias-cooperi.html
Kategorie:Beenvisse