Die geelstertgoudvissie (Pseudanthias evansi) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellowtail goldie.
Identifikasie Die vis word slegs 9 cm lank. Die mannetjie is pers en die rug is heldergeel. Daar is klein geel kolletjies oor die hele lyf. Die wyfie is soortgelyk maar sonder die geel kolletjies.
Die vis leef in aflandige koraalriwwe in water wat 4 tot 40 m diep is. Hulle vreet plankton in groepe op die buitenste rante van die riwwe. Die spesie is seldsaam en kom meer voor in die tropiese streke.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel Pseudanthias evansi by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse