Epinephelinae is 'n sub-familie van visse wat hoort tot die familie Serranidae en staan ook bekend as die klipkabeljoue. Hierdie sub-familie se lede verskil in grote en word gekenmerk deur hulle sterk, robuuste lywe, geronde pektorale vinne en groot bekke. Die meeste van die visse word as wyfies gebore en verander hulle geslag na mannetjies later in hulle lewenssiklus; hulle is dus hermafrodiete. Hulle is gewoonlik alleenlopers en karnivore wat in riwwe bly. Hulle skuil die grootste gedeelte van die dag in grotte of oorhange en jag in die nag. Hulle is territoriaal van aard en nuuskierig. Sommige van die groter spesies is belangrik vir hengelaars.
In Engels staan die sub-familie as Groupers bekend.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Aethaloperca Aethaloperca rogaa – Rooibek-kabeljou
Anyperodon Anyperodon leucogrammicus – Slankklipkabeljou
Cephalopholis Cephalopholis argus – Pou-klipkabeljou Cephalopholis miniata – Koraalklipkabeljou Cephalopholis nigripinnis – Swartvin-klipkabeljou Cephalopholis sexmaculata – Seskol-klipkabeljou Cephalopholis sonnerati – Tamatie-klipkabeljou Cephalopholis urodeta – Donkervin-klipkabeljou
Dermatolepis Dermatolepis striolata – Gladde klipkabeljou
Epinephelus Epinephelus albomarginatus – Witrand-klipkabeljou Epinephelus andersoni – Katgesigklipkabeljou Epinephelus chlorostigma – Bruinspikkel-klipkabeljou Epinephelus coeruleopunctatus – Witkol-klipkabeljou Epinephelus coioides – Oranjekol-klipkabeljou Epinephelus fasciatus – Rooibalk-klipkabeljou Epinephelus flavocaeruleus – Geelstert-klipkabeljou Epinephelus lanceolatus – Briekwabaars Epinephelus macrospilos – Grootkol-klipkabeljou Epinephelus malabaricus – Malabar-klipkabeljou Epinephelus marginatus – Geelpensklipkabeljou Epinephelus polyphekadion – Maskering-klipkabeljou Epinephelus posteli – Tierklipkabeljou Epinephelus rivulatus – Halfmaan-klipkabeljou Epinephelus tauvina – Slym-klipkabeljou Epinephelus tukula – Aartappel-baars
Plectropomus Plectropomus laevis – Swartsaal-luiperdkabeljou Plectropomus punctatus – Marmer-luiperdkabeljou
Variola Variola louti – Geelrant-maanstert
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Verwysings
Kategorie:Beenvisse